EU belê N$36 miljoen in projek vir vaste afval
Die Europese Unie (EU) gaan meer as N$36 miljoen belê in ‘n projek van vier jaar vir die bestuur van Windhoek se program vir vaste afval.
Die hoofstad se burgemeester, me. Sade Gawanas, het in dié verband ‘n ooreenkoms met haar eweknie in Bremen, dr. Andreas Bovenschulte onderteken.
Windhoek se inwonerstal het die afgelope paar jaar drasties weens verstedeliking en toenemende ekonomiese bedrywighede toegeneem.
Baie nuwe inwoners woon egter in informele nedersettings met onvoldoende watervoorsiening- en sanitasiegeriewe.
Dié onhigiëniese toestande dra by tot die verspreiding van siektes wat die reeds gemarginaliseerde en benadeelde groepe van die bevolking verder benadeel. Die hoofstad se doel is om die lewensomstandighede van dié inwoners te verbeter.
Die hoofdoel van die projek is om die volumes afval en ook die skadelike uitwerking op die omgewing te verminder en om die herwinde afval te gebruik om werksgeleenthede in Windhoek se ekonomiese mark te skep. In die volgende maande sal verskeie kenners uit Bremen en Windhoek kennis deel, terwyl punte vir herwinning geskep sal word en ook opvoedkundige praatjies by skole beplan word.
Gawanas sê die vennootskap met Bremen sal die lewensgehalte van inwoners van die stad verbeter, terwyl dit ook baie welkome werksgeleenthede sal skep.
“Ons is vol vertroue dat die projek die skuif sal bevorder na ‘n meer volhoubare model bekend as die sirkulêre ekonomie vir Windhoek en Namibië sal bevorder,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie