EU-besoek vol belofte
’n Afvaardiging uit Europa het Namibië besoek om samewerkingsgeleenthede te identifiseer.
Augetto Graig - Die Europese Unie (EU) se Afrikawerkgroep het Namibië verlede week besoek. Die speaker van die Namibiese parlement, prof. Peter Katjavivi, het onder meer met die EU se ambassadeur in Namibië, me. Sinikka Antila, oor die land se ontwikkelingsbehoeftes vergader.
Katjavivi het die afvaardiging van 18 verteenwoordigers van verskeie EU-lidlande en instansies by die Grondwetkamer in die parlementsgebou verwelkom.
Volgens die speaker was die besoek ’n belangrike geleentheid om verhoudings tussen die EU en Namibië, en ook die groter Suider-Afrikaanse streek in heroënskou te neem en samewerking te versterk.
Veral met die oog op die komende EU-Afrika-beraad later vanjaar is dit ’n gepaste tyd om vennootskappe aan te gaan, het Katjavivi gesê.
Namibië se ekonomiese omstandighede en die impak van klimaatsverandering is tydens verlede week se besoek onder oë geneem om beter samewerking vir inklusiewe groei en omgewingsbewarende ontwikkeling te bevorder, het hy gesê.
Katjavivi het gesê Namibië kort veral hulp wat die verbeterde benutting van sy waterbronne betref, werkskeppuing vir die jeug, en die verskaffing van voldoende behuising met sanitasie aan sowat 995 000 Namibiërs.
Ook op die gebied van gesondheid en opleiding is heelwat ruimte vir belegging, het die speaker gesê.
“Namibië is gretig om in volhoubare landbou, digitale ekonomie en groen kragopwekking te belê,” het hy gesê.
Verder word die toepassingsplan vir die ekonomiese vennootskap-ooreenkoms (EPA) tussen Namibië en die EU vanjaar verwag, het hy gesê.
“Ons sou graag Namibiese vleis, wildsvleis en druiwe op meer Europese rakke wil sien,” het hy gesê.
Volgens Antila sal die EU €6 miljoen (sowat N$ 100 miljoen) vir die toepassing van die EPA beskikbaar maak. ’n Deel van die EU-befondsing het die doel om die parlement op tegniese gebied te ondersteun, het sy gesê.
“Ons het ontwikkelingshulp, maar ons kort beleggings. Die Europese ontwikkelingsbank is ook hier teenwoordig,” het sy gesê.
Volgens Katjavivi is die regering in hul skik met die EU se plan om meer plaaslike burgerlike en nieregeringsorganisasies te befonds.
Volgens Antila sal nog €6 miljoen beskikbaar gestel word vir Europa se ondersteuning van burgerlike organisasie in Namibië.
“Ons befonds nieregeringsorganisasies stelselmatig en nie om ons eie agenda af te dwing nie. Dit is belangrik vir Namibië en die wêreld se ontwikkeling, veral in terme van menseregte en geslagskwessies. Ons bied ook kapasiteitsbouprogramme om deelname te bevorder,” het sy gesê.
Die eerste uitnodiging vir befondsing is in Desember uitgereik en volgens Antila lok dit to dusver gesonde belangstelling.
Me. Marie Lapierre, die voorsitter van die besoekende afvaardiging, het gesê Namibië is ’n demokrasie waarin geregtigheid geskied, en ’n land met bates.
“Dit is belangrik om die uitdagings en die swaarkry te erken. Van die uitdagings kan in geleenthede omskep word, veral wat klimaatsverandering en die jeug betref,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie