EU bly veg teen homofobie en transfobie
EU bly veg teen homofobie en transfobie

EU bly veg teen homofobie en transfobie

Denver Kisting


Die afvaardiging van die Europese Unie (EU) aan Namibië sê in ’n verklaring dié liggaam is verbind daartoe om diskriminasie geskoei op seksuele oriëntasie of geslagsidentiteit te pak.

Die EU sal aanhou om die spesifieke behoeftes van lede van die LGBTI-gemeenskap te erken – veral gedurende gesondheidskrisisse en na gelyke geleenthede streef.

Die verklaring kom twee dae voor die Internasionale Dag teen Homofobie en Transfobie wat jaarliks op 17 Mei herdenk word.

Te midde van wêreldwye inperkings om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan, sal lesbiese, gay, biseksuele, transgender en interseksuele mense onder meer druk gebuk gaan weens gebrekkige of geen toegang tot gesondheidsdienste as gevolg van diskriminerende wette en negatiewe maatskaplike gesindhede, lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!