EU: 'Daar is geen beter Brexit-ooreenkoms'
Duitsland en ander lidlande van die Europese Unie (EU) het Maandag aan Brittanje gesê daar kan nie verder met Brittanje onderhandel word oor die bestaande Brexit-konsepooreenkoms nie.
Theresa May, premier van Brittanje, is egter vasbeslote om die ooreenkoms deur die parlement goedgekeur te kry te midde van kritiek deur pro-Brexit politici, vakbonde in Noord-Ierland en diegene wat nouer bande met die EU wil handhaaf.
“Daar is geen beter ooreenkoms as die een wat nou op die tafel is nie,” sê Michael Roth, Duitsland se minister vir Europese sake.
Terwyl daar onsekerheid in Brittanje is oor die ooreenkoms, maak die EU gereed vir 'n beraad wat Sondag gehou word om dit goed te keur.
Intussen het May Maandag aan sakelui wat die Confederation of British Industry (CBI) se beraad bygewoon het gesê die ooreenkoms sal keer dat migrante van die EU “voor in die ry spring”.
Sy meen immigrasie na Brittanje sal op vaardighede gegrond word, met Europeërs wat nie voorgetrek word bo “ingenieurs van Sydney of sagtewareontwikkelaars van Delhi” nie.
IMMIGRASIESTELSEL
Volgens May sal haar plan 'n billike immigrasiestelsel bied wat sal help dat die Britse jeug werksgeleenthede en opleiding kry.
Sy het benadruk dat die Brexit-ooreenkoms “in sy geheel” aanvaar is, terwyl sommige LP's van die Konserwatiewe Party nog wysigings op die laaste minuut wil maak, berig die BBC.
Sy is ook nie bereid om onderhandelings met die EU te hervat nie en sê die “kernelemente van die ooreenkoms is gereed”.
Die bespiegelings of genoeg Tory LP's briewe van wantroue in May gaan indien, duur ook voort.
Sy het egter Maandag gewaarsku dat as sy onttroon word, kan dit Brittanje se onttrekking uit die EU vertraag.
Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty, het op die sakeberaad gesê die opposisieparty sal nie toelaat dat Brittanje sonder 'n handelsooreenkoms Brexit aandurf nie, terwyl die party beplan om teen May se konsepooreenkoms te stem, berig Reuters.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie