EU gee miljoene vir onderwys in Namibiu00eb
EU gee miljoene vir onderwys in Namibiu00eb

EU gee miljoene vir onderwys in Namibië

Onderrig tydens die vormings­jare van kinders gaan verbeter word deur ''n program waarvoor die Europese unie miljoene Namibiese dollar skenk.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Europese Unie (EU) gaan oor die volgende vier jaar N$400 miljoen aan die regering beskikbaar stel om lees- en syfervaardighede onder voorskoolse kinders en laerskoolleerlinge te bevorder.

Dit volg nadat die EU en die Nasionale Beplanningskommissie Maandag ''n finansieringsooreenkoms onderteken het vir steun aan vroeë kinderontwikkeling en laerskoolonderrig in Namibië.

Me. Jana Hybaskova, die EU se ambassadeur in Namibië, het by dié geleentheid gesê die steun gaan oor veel meer as onderwysverbetering, maar is daarop gemik om een van die veel groter uitdagings te takel, naamlik die hoë inkomste en maatskaplike ongelykhede in die land.

Sy sê vroeë kinderontwikkeling word internasionaal beskou as die sleutel tot die vermindering van maatskaplike ongelykhede in die samelewing. “Vroeë kinderontwikkeling is ''n wesentlik manier om voorheen benadeelde sosiale, etniese en godsdiensgroepe te bemagtig. Dit lei tot groter inklusiwiteit en maatskaplike stabiliteit.”

Hybaskova het verder daarop gewys dat kinders wat nie aan hierdie vroeë ontwikkeling blootgestel was nie, se kans groter is om nie skool klaar te maak nie. “Daarom is vroeë kinderontwikkeling selfs belangriker as hoër­skool- en universiteitsopleiding.”

Die EU sal die geld uit die 11de Europese Ontwikkelingsfonds beskikbaar stel. Dit sal onder meer gebruik word om nog klaskamers by laerskole te bou, of bestaande klaskamers op te knap. Verder sal sentrums vir vroeë kinderontwikkeling op verskeie strategiese plekke in die land opgerig word om arm gemeenskappe toegang tot gratis, openbare ontwikkelingsgeriewe vir hul jong kinders te gee.

Die EU het in samewerking met die Nasionale Beplanningskommissie en die ministeries van onderwys, kuns en kultuur asook geslagsgelykheid en kinderwelsyn, verifieerbare maatstawwe opgestel om die vordering en sukses van dié program te meet.

Mnr. Tom Alweendo, minister van ekonomiese beplanning en direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, sê Namibië het waardering vir dié steun aan die onderwyssektor aangesien dit stukrag gee aan die doelwit om menslike kapitaal te ontwikkel en vaardighede te verbeter.

Hy sê die regering wil deur middel van hierdie program groter klem op ontwikkeling van ''n kind in sy of haar vormingsjare lê.

Alweendo sê ofskoon Namibië sy eerste beleid oor vroeë kinderontwikkeling al in 1996 in werking gestel het, is daar steeds baie uitdagings. So byvoorbeeld wys statistiek net 20% van jong kinders uit die San-taalgroepe is ingeskryf hiervoor.

Toegang tot vroeë kinderontwikkeling is ook ''n probleem in afgeleë landelike gebiede.

Verder, sê hy, is een van die strategieë in die 5de Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) om toegang tot goeie geïntegreerde, vroeë kinderontwikkeling te verbeter deur alle rolspelers te betrek en seker te maak die ouer­like versorging van kinders tussen 0 en 8 jaar verbeter.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!