EU help in stryd teen klimaatsverandering
EU help in stryd teen klimaatsverandering

EU help in stryd teen klimaatsverandering

Die Europese Unie vier vandeesweek Klimaatsdiplomasieweek.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Ambassadeurs van die Euro­pese Unie (EU) in Namibië sê die nadelige gevolge van klimaatsverandering word reeds oral in die wêreld gevoel en hou 'n groot bedreiging vir die planeet en sy mense in.

“Die Parys-klimaatsverdrag, wat in 2015 deur byna 200 lande onderteken is, se teikens vir die vermindering van kweekhuisgasse van minder as 2°C gaan nie genoeg wees nie. Vergeet maar van 'n teiken van 1,5°C,” lui 'n mediaverklaring van die EU se ambassadeurs in Namibië.

“Die spesiale verslag oor die Inter­regeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC) sal ongelukkig vir ons wys die venster om binne hierdie beperkings te bly, maak baie vinnig toe. Daarom moet die ­implementering en uitvoering van die Parys-klimaatsverdrag bespoedig word.”

Die EU vier vandeesweek Klimaatsdiplomasieweek.

Volgens dié verklaring is die 7,1 miljoen euro in Namibië vir ­klimaatsveranderingsprojekte tot 2020 geoormerk.

Die EU-gesteunde projekte sluit die bekamping van grondagteruitgang in, steun vir ­alternatiewe energie en die bevordering

van herwinbare energie in landelike gebiede.

Die EU, deur middel van die Namibiese Landelike Energie-toegangsplan, wil die mark vir herwinbare energietegnologie soos sonkragligte, selfoonlaaistelsels, huishoudelike sonkragstelsels, sonkragbesproeiingspompe in landelike gebiede versterk en uitbrei.

“Dit kan die elektrisiteitsbehoeftes van 40 000 mense bereik en studente in 20 skole toegang tot sonkragligte gee, wat hulle in staat kan stel om in die donker te studeer,” lui die verklaring.

Finland steun ­Bewaringslandbou Namibië in hul projekte om gewas- en weidingsbestuur te verbeter. Voorts bevorder Finland ook groen konstruksie deur hul projek saam met die Young Africa-beroeps­opleidingskool.

Duitsland bied ondersteuning deur hul finansiële samewerking op klimaatsverwante infrastruktuurprojekte wat herwinbare energie, vervoer en water behels.

Duitsland was ook medefinansiers van die Internasionale Klimaatsveranderingskonferensie wat deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in Oktober 2017 in Windhoek in aanloop tot die 23ste Konferensie van Partye (COP23) in Bonn, Duitsland, gehou is.

Die Franse Volhoubare Gebruik van Natuurlike Hulpbronne en Energiefinansieringsprogram Namibië (Sunref) is 'n drie jaar lange program wat deur die Agence Française de Développement ontwikkel is om Namibiese banke te mobiliseer om beleggings van die private sektor in groen tegnologieë in volhoubare landbou en toerisme, herwinbare energie en markte vir energie-effektiwiteit te finansier.

Die doel van Sunref Namibië is om toegang tot bekostigbare groen tegnologieë te fasiliteer deur die ontwikkeling van 'n klein koolstofvoetspoor te verseker en by te dra tot die vermindering van die oorsake van klimaatsverandering in Namibië.

“Vanjaar gaan regerings en rolspelers van al die uithoeke van die wêreld byeenkom om te bepaal hoe ver ons sedert Parys gevorder het en om na oplossings onder die ­'Talanoa-dialoog' te kyk.”

Nóg 'n belangrike mylpaal wat die internasionale gemeenskap vanjaar moet bereik, is die aanvaarding van die Parys-ooreenkoms se werksprogram, die “reëlboek” vir die volgende Klimaatskonferensie (COP24), in Desember in Katowice in Pole.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!