EU help Soedan
'n Helpende hand is deur die Europese Unie na die geweld- en droogtegeteisterde Soedan uitgesteek.
Die Europese Kommissie het Maandag 'n hulppakket van €106 miljoen vir Soedan aangekondig. Volgens die kommissie het ongeveer 4,8 miljoen mense in die land dringende humanitêre bystand nodig.
Hierdie bystand kom op 'n tyd wat die Verenigde Nasies se bystandsagentskappe 'n akute tekort aan geld van globale skenkers ondervind om bystand aan Soedan te verleen.
Die pakket is deur die Europese Unie (EU) se kommissaris vir humanitêre hulp en krisisbestuur, Christos Stylianides aangekondig, wat besoek aan die konflikgeteisterde gebied van Darfoer gebring het. “Hier in Soedan is die humanitêre toestand krities,” het Stylianides in 'n verklaring gesê wat deur die Europese Kommissie uitgereik is.
“Miljoene mense is vir baie jare in Darfoer haweloos gelaat. Hy sê die geld sal ook gebruik word om vlugtelinge uit Suid-Soedan wat sedert die politieke krisis in hul land in Desember 2013 begin het, te help.
Van die €106 miljoen sal 46 miljoen vir humanitêre hulp soos kos, gesondheid, beskerming, skuiling, onderwys, water en sanitasie aangewend word.
Die oorblywende €60 miljoen sal deur die EU se noodtrustfonds vir Afrika gekanaliseer word om bystand aan hawelose mense, migrante en gasheergemeenskappe te verleen. VN-agentskappe het vir bystand van US$804 miljoen vir hulp aan Soedan vir 2017 gevra, maar teen die einde van September is net 38 persent daarvan ontvang.
Die VN sê 'n gebrek aan geld het daartoe gelei dat dosyne gesondheidsinstansies in konflikgebiede soos Darfoer, Blou Nyl en Suid-Kordofan gesluit is.
- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie