EU-hoenders loop deur onder nuwe tariewe
EU-hoenders loop deur onder nuwe tariewe

EU-hoenders loop deur onder nuwe tariewe

Suid-Afrika is in die sop oor teenstortingstariewe wat die buurland op hoenderinvoere uit die EU hef.
Jo-Mare Duddy Booysen
Elvira Wood en Vida Booysen - Die vere het nog nie behoorlik ophou waai ná die Agoa-ooreenkoms met Amerika nie, of daar is ’n nuwe jakkals in die Suid-Afrikaanse hoenderhok.

Suid-Afrika pas volgens Inés Godinez, raadgewer oor handel vir die EU se afvaardiging in Pretoria, sedert 16 November teenstortingstariewe toe op hoenders wat uit die Europese Unie (EU) ingevoer word.

Sy sê dié tarief oortree die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie (WTO). Die EU gaan beslis stappe daarteen doen.

Volgens die landbousakekamer Agbiz is die EU se aandeel van die Suid-Afrikaanse hoenderinvoermark 72%.

Godinez het Maandagaand by die viering van die aanvang van die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) tussen die EU en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gesê dit is die nuutste ontwikkeling in die sage oor Suid-Afrikaanse hoenderinvoer.

Suid-Afrika moes in 2015 tydens die heronderhandeling van die wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) aan die VSA se voorwaarde toegee om sy jare lange teenstortingstarief op bevrore Amerikaanse hoenderstukke op te hef. Hy kan nou jaarliks 65 000 ton bevrore hoenderstukke aan die been invoer sonder om die teenstortingstarief van R9,40 per kg te betaal.

“Ons (die EU) kan ons hoenders na ander lande uitvoer, dit is nie die probleem nie. Maar handelsvennote pas nie teenstortingstariewe teen mekaar toe nie,” sê Godinez.

Sy sê sy kan verstaan hoekom die VSA so sterk standpunt ingeneem het oor hoenderinvoer en glo Suid-Afrika het lank genoeg tyd gehad om sy eie pluimveesektor te ontwikkel sodat dit mededingend kan wees.

“Ons verstaan Suid-Afrikaanse produkte is duurder weens die droogte omdat hoendervoer ingevoer moet word. Dit is egter steeds nie ’n rede om die tarief te hef nie,” sê sy.

Krisis

Plaaslike pluimveeprodusente waarsku voortdurend dat hulle nie met die goedkoper invoer kan meeding nie en dat die bedryf in ’n krisis verkeer. Rainbow Chicken, een van die land se grootste braaihoender-produsente, het in September kennis gegee dat hy meer as 1 000 poste by sy aanleg in Camperdown wil sny.

Maandag het Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral, een van die land se grootste pluimveeprodusente, gesê in Maart vanjaar het die invoer van hoender ''n hoogtepunt van 57 700 ton bereik, gelykstaande aan sowat 10,3 miljoen hoenders, oftewel 55% van Suid-Afrika se weeklikse produksie.

“Ons pluimvee-afdeling kon vanjaar nie ons hoër voerkoste in die mark verhaal nie want daar was ’n ooraanbod weens die ingevoerde hoender.”

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) sê hy het aansoek gedoen om ’n sogenaamde beskermingstarief, wat nie dieselfde is as ’n teenstortingstarief nie.

“Dit is verlede week in Brussel bespreek, maar Sapa het nog nie ’n Staatskoerant gesien waarin dit bekragtig is nie,” sê Kevin Lovell, uitvoerende hoof van Sapa.

Hy sê Suid-Afrika hef wel teenstortingstariewe teen drie lidlande van die EU, naamlik Duitsland, Nederland en Brittanje.

“Hierdie tariewe is in ooreenstemming met die ooreenkomste wat volgens die WTO beding is. ’n Bilaterale ooreenkoms soos die EVO sluit nie die gebruik van standaardmaatreëls van die WTO uit nie.”

Hy wys ook daarop dat die EU se eie hoenderinvoermark baie goed beskerm word deur streng fitosanitêre maatreëls en invoertariewe omdat dit ’n baie duur gebied is om hoender in te produseer.

“Ons kan geslagte heel hoender baie goedkoper as enige EU-lidland produseer.”

Die departement van handel en nywerheid kon nie bereik word vir kommentaar nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.24 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.5 | USD to ZMW 26.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.51/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.16% | Zinc US$ 2 918.30/T DOWN -0.63% | Brent Crude Oil US$ 74.47/BBP DOWN -0.0056 | Platinum US$ 981.53/OZ DOWN -0.0012 Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.24 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.5 | USD to ZMW 26.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.51/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.16% | Zinc US$ 2 918.30/T DOWN -0.63% | Brent Crude Oil US$ 74.47/BBP DOWN -0.0056 | Platinum US$ 981.53/OZ DOWN -0.0012