EU-lasbrief vir Puigdemont gevra
Spanje
Spaanse staatsaanklaers het gister ‘n regter wat Katalonië se voormalige president, Carles Puigdemont, ondersoek, gevra om ‘n Europese lasbrief vir sy inhegtenisname uit te reik.
Puigdemont, wat na België gevlug het om vervolging vir sy rol in Katalonië se strewe na onafhanklikwording vry te spring, het intussen in Kopenhagen in Denemarke aangekom.
Puigdemont en die res van sy afgesette regering is van rebellie, aanhitsing en die misbruik van staatsgeld aangekla. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie