EU mik na krisisberaad oor Brexit
Dié stap sal nie die moontlikheid van ’n uiteindelike ooreenkoms uitsluit nie, maar is bedoel om ’n sterk waarskuwing aan Brittanje te stuur dat die tyd min raak.
Bloomberg – Leiers van die Europese Unie oorweeg ’n krisisberaad in November om gebeurlikheidsplanne op te stel ingeval Brittanje die EU verlaat sonder dat ’n behoorlike ooreenkoms beklink is.
Diplomate van die EU het Sondag gesê as ’n vergadering van EU-hoofde in die komende week in Brussel nie beslissende vordering maak nie, kan die handelsblok ’n noodberaad vir 17 en 18 November reël.
Dié stap sal nie die moontlikheid van ’n uiteindelike ooreenkoms uitsluit nie, maar is bedoel om ’n sterk waarskuwing aan Brittanje te stuur dat die tyd min raak.
Onderhandelaars van Brittanje en die EU het Sondag heeldag gewerk. Nie een van die partye is seker hulle sal ’n ooreenkoms behaal voor die selfopgelegde spertyd Maandag nie. Dit is voor ’n byeenkoms van EU-leiers in Brussel Woensdag.
Vroeër het die EU gesê die beraad in November sal slegs voortgaan as ’n ooreenkoms vandeesweek bereik word. Dit sou dan dien as ’n ondertekeningseremonie. Maar indien vandeesweek geen vordering gemaak is nie, wil sommige regerings die November-beraad gebruik as ’n beplanningsessie vir ’n geval waar Brittanje die EU sonder enige formele ooreenkoms verlaat.
Ander dink weer dat as daar vandeesweek geen deurbraak is nie, moet die November-beraad laat vaar word, en moet gewag word vir ’n beoogde beraad in Desember om weer te probeer.
Enige vertragings sal beleggers afskrik.
Die regering van Theresa May het steeds die steun van die Britse parlement nodig as ’n ooreenkoms wel bereik word. Maar minstens een kabinetsminister oorweeg dit om te bedank indien met May se Brexit-plan voortgegaan word.
May het nie ’n meerderheidsteun in die Britse parlement nie. Haar toegewings wat tot dusver voorgestel is, loop die risiko om twee belangrike groepe te vervreem. Die Demokratiese Unionisteparty van Noord-Ierland maak beswaar teen die huidige oplossing vir die Ierse grens want dit sal versperrings tussen Noord-Ierland en die res van Brittanje oprig.
Kern-ondersteuners van Brexit in Brittanje is op hul beurt daarteen gekant want dit kan Brittanje onbepaald aan EU-reëls gebind hou.
David Davis, ’n voormalige minister, het die naweek senior Britse ministers aangemoedig om teen May se Brexit-plan te rebelleer omdat dit Brittanje in ’n doeane-unie met die EU verbind hou.
’n Brexit sonder enige formele ooreenkoms kan doeane-prosedures, lugvaart- en ander vervoernetwerke, die vloei van medisyne en voorsieningskettings tussen Brittanje en die res van die EU ontwrig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie