EU-studie laat SA se hoenderbedryf rooi sien
Die Europese Unie het ’n studie na die hoenderbedryf in Suid-Afrika gefinansier, en die bevinding het produsente boos.
Hanlie Stadler - Suid-Afrikaanse hoendervleisprodusente kan ’n stewige wins maak as hulle wit hoendervleis begin uitvoer – maar dan sal hulle die praktyk om hoender met pekelwater in te spuit,moet laat vaar.
Dít is die kruks van ’n omstrede nuwe studie oor die plaaslike hoenderbedryf wat DNA Economics met finansiering van die Europese Unie (EU) gedoen het en vroeër in Augustus in die Nederlandse ambassade in Pretoria bekend gestel is.
Die studie deur Mike de Klerk wys daarop dat Suid-Afrikaners bruin hoendervleis verkies. Daarteenoor verkies Europese verbruikers wit hoendervleis.
Dié situasie het meegebring dat Europese produsente bruin hoendervleis aan die been na Suid-Afrika invoer teen minder as kosprys – ’n onaanvaarbare handelspraktyk wat die regering reeds deur bestraffende invoertariewe probeer regstel het.
’n Beslissing oor selfs hoër invoertariewe word tans afgewag (sien kassie hieroor).
Die nuwe studie sê egter daar is ’n groot geleentheid vir plaaslike produsente om wit hoenderstukke uit te voer.
Die logiese respons van Suid-Afrikaanse produsente sou wees om soveel as moontlik van hul wit vleis in die buiteland te verkoop. Dit het tot dusver nie gebeur nie, deels omdat dit gepekel is.
Gepekelde hoender word in die meeste lande óf verbied óf mag nie as hoender verkoop word nie.
Hoender is die vleissoort waarvan Suid-Afrikaners die meeste eet, en die vraag styg sedert 2008 gemiddeld met 1,9% per jaar. Plaaslike produksie het egter bykans op tussen 1,5 miljoen en 1,6 miljoen ton per jaar konstant gebly.
Die EU-studie sê dit beteken die tekort in plaaslike produksie moet met invoer aangevul word, wat tussen 2010 en 2015 byna verdubbel het. Nagenoeg 550 000 ton hoender word nou ingevoer en dit verteenwoordig 27% van die markaandeel van hoenderverkope. Die grootste styging is in bevrore hoenderstukke aan die been wat uit die EU ingevoer word.
“So lank as wat die heersende sakemodel – gedefinieer spesifiek deur pekel – voortduur, sal nuwe investering en die groei van totale produksie waarskynlik traag bly,” luidens die studie.
Die EU-studie beskou die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf wel as tegnies en ekonomies mededingend vergeleke met oorsese produsente. Omdat skaal en vertikale integrasie egter vereis word om mededingend te wees, is die bedryf baie gekonsentreerd: Die sewe grootste produsente verteenwoordig byna 60% van die totale uitset. Astral en RCL Foods is die twee reuse in die bedryf.
Die studie skryf die swak stand van die bedryf onder meer aan droogtes en siektes soos voëlgriep en newcastlesiekte toe.
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) en FairPlay, ’n organisasie teen storting, het gou teruggekap en gesê storting is die rede waarom die hoenderbedryf die afgelope jare in die pekel is.
Francois Baird, stigter van FairPlay, sê die hoenderbedryf – groot produsente sowel as kleiner boere – het heelwat ontwikkelingsvermoë waarin hulle dit nie kan waag om te belê nie omdat invoer hulle uit die mark druk.
Die plaaslike bedryf, sê hy, sal die volle plaaslike vraag kan voorsien wat tans deur invoer opgeneem word, en in die proses ekstra werk skep. Maar die storting moet eers stop om te verseker dat hulle ’n mark het vir die ekstra hoender wat hulle produseer.”
Baird sê verbruikers trek glad nie voordeel uit die storting nie – dis eerder invoerders wat ’n “vet wins” uit die “hoenderafval” uit die EU en Brasilië maak.
“Die verslag verkies om swaar te fokus op uitvoerpotensiaal, eerder as op die dringende probleem van die wesenlike skade aan die plaaslike bedryf weens die onbeperkte storting deur veral die EU en Brasilië, wat plaaslike ontwikkeling onderdruk,” sê Aziz Sulliman, Sapa se voorsitter.
Sulliman sê dit lyk asof die studie aantygings van onbillike mededinging verwerp. Daar is op die oomblik teenstortingstariewe teen drie EU-lande: Nederland, Duitsland en Brittanje.
Sulliman sê dit wil voorkom asof die studie voorstel dat Suid-Afrika beter daaraan toe sal wees as dit al hoe meer hoenderstukke aan die been invoer en uiteindelik heeltemal van invoer afhanklik is.
“Hoe dít goed sal wees vir voedselsekerheid, vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, en vir Suid-Afrika se enorme werkloosheidsyfers, is nie duidelik nie, en word nie in die studie geopper nie.”
Sapa glo die pluimveebedryf kan 30 000 nuwe poste in ’n baie kort tyd skep as hy teen roofsugtige invoer beskerm word.
“Die tienduisende kleiner boere landwyd wat vars, hoëgehalte hoender aan hul gesinne en gemeenskappe lewer, kan honderdduisende word, terwyl die kleinstes sal kan opskaal en die geïntegreerde stelsel betree, wat die struktuur van die Suid-Afrikaanse samelewing op onmeetbare manier sal versterk.
“Die hoenderbedryf se sukses of mislukking raak ook die graanbedryf en al die ander bedrywe wat uit die waardeketting voortvloei – van vervoer tot verpakking – en honderdduisende mense wat vir hul inkomste op dié werk staatmaak.”
“Ons, die hoenderprodusente van Suid-Afrika, groot en klein, kan ’n werklike bydrae maak om Suid-Afrika se werkloosheidskrisis te verlig, as ons seker kan wees dat ons steeds ’n mark sal hê om ons hoender te verkoop nadat ons in die infrastruktuur en stelsels belê het om dit moontlik te maak.
“Meer ingevoerde hoender sal geen van dié voordele na Suid-Afrika bring nie, maar verryk net die invoerders, en voer werk uit na die EU en Brasilië.”
Sapa doen ’n beroep op die EU om eerder navorsing te doen oor “werklike maniere” waarop Europa sy hulpbronne kan gebruik om Suid-Afrika se pluimveebedryf te versterk.
“Met ’n gelyke speelveld, sonder dat ons deurlopend onbillike mededinging en roofsugtige handelspraktyke moet baklei, sal die plaaslike bedryf sy veerkragtigheid herwin en ander potensiaal kan ontgin – insluitend ’n sterk uitvoermark,” sê Sulliman. – Netwerk24
KASSIE 1
Pekelwater
· Suid-Afrikaanse regulasies beperk pekelwater tot 15% van die gewig van hoenderstukke, maar omdat kitsbevrore hoenderstukke tot 80% verteenwoordig van die hoender wat in Suid-Afrikaanse winkels verkoop word, is dit ’n belangrike faktor in hoenderprodusente se winsgrense.
· Voordat die regulasies in 2016 ingestel is, het pekelwater tot 43% van die gewig van hoenderporsies verteenwoordig.
· Slegs sowat 13% van die hoender wat in Suid-Afrika verkoop word, is vars hoender.
KASSIE 2
Stryd oor invoertariewe
Die nuwe studie is uitgereik terwyl Sapa wag op Ebrahim Patel, nuwe minister van handel, nywerheid en mededinging, se beslissing oor ’n verhoging van invoertariewe op sekere hoendervleis.
Sapa wil hê die regering moet ’n invoertarief van 82% op ingevoerde hoenderborsies, asook op hoenderagterkwarte plaas. Die tariewe is onderskeidelik 12% en 37%.
Die Vereniging van Vleisinvoerders-en-uitvoerders (Amie) staan dié aansoek by die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) teen.
Amie sê onafhanklike navorsing wat hy laat doen het, wys dat ’n groot tekort aan hoendervleis sal ontstaan as die nuwe invoertariewe goedgekeur word.
Dit sal boonop pryse met tot ’n derde opdruk, volgens Amie.
KASSIE 3
Rol van hoender
· Die produksie van hoendervleis is die enkele belangrikste landbou-bedrywigheid in Suid-Afrika.
· Dit verteenwoordig nagenoeg 17% van die totale waarde van landbouproduksie.
· Dit het regstreeks nagenoeg 47 000 werknemers, nagenoeg 5% van die totale indiensneming in die landbou.
· Byna 44% van alle dierevoer wat in die land geproduseer word, word deur die hoendervleisbedryf verbruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie