EU verwyder Namibiu00eb van swartlys
EU verwyder Namibiu00eb van swartlys

EU verwyder Namibië van swartlys

Jo-Mare Duddy Booysen
Finansministers van die Europese Unie (EU) het Namibië Dinsdag van dié blok se belastinghawe-swartlys verwyder.
Namibië se naam het in Desember op die EU se swartlys vir toevlugsoorde vir belastingontduikers van 17 lande beland wat daarvan beskuldig is dat hulle nie hul samewerking gee nie.
Luidens ‘n verklaring van die EU het Namibië “genoegsame ondernemings op ‘n hoë politieke vlak” gedoen om die magsblok se kommer oor belastingskwessies te besweer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer