EU-vloggers voltooi veldtog in Namibiu00eb
EU-vloggers voltooi veldtog in Namibiu00eb

EU-vloggers voltooi veldtog in Namibië

Die Europese Unie wil met 'n veldtog mense wêreldwyd deur middel van eie stories aan mekaar voorstel.
Tanja Bause
Tanja Bause



Die Namibiese deel van die Europese Unie (EU) se veldtog Faces2Hearts is pas afgehandel.

Met dié veldtog gaan 1 001 stories deur 20 vloggers van lande soos onder meer Argentinië, Bhoetan, Jamaika, Mianmar, Pakistan, Paraguay, Kaap Verde, Gambië en Sierra Leone op video's bekend gestel word.

Die vloggers reis in pare vir 'n maand lank deur die verskillende lande.

Die veldtog het in Namibië afgeskop. Daartydens het Sibongile Tshabalala van Namibië en Konrad Sniady van Pole verskillende EU-projekte oraloor die land besoek.

“Die idee was om iemand van 'n EU-lidland en een van 'n nie-lidland saam te voeg, en dit is hoe ek en Konrad bymekaargekom het,” het Tshabalala gesê.

“Dit is wonderlik om te sien hoe gewone mense projekte aanpak om hulle en ander se lewe te verbeter. Ons het mense ontmoet wat op grondvlak die wêreld verander en probleme oplos,” het Sniady gesê.

“Met die video's bereik ons nie net mense in Namibië en wys Namibiërs wat in hulle land aangaan nie; ons bereik ook die wêreld,” het ­Tshabalala gesê.

Hul video's is op https://­www.faces­2hearts.eu, Face­boek, Twitter en Instagram onder EuropeAid te sien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!