EU waarsku Britte: Aanvaar die Brexit-ooreenkoms
Die Britse parlement se besluit kan óf die deur na ’n “beter toekoms” oopmaak óf groter verdeeldheid in die land skep, aldus May.
Die leiers van die Europese Unie (EU) het die Britse parlement Sondag gewaarsku om nie die Britse premier Theresa May se Brexit-ooreenkoms in die wiele te probeer ry nie omdat dié ooreenkoms die beste is wat Brittanje sal kry.
“Diegene wat dink dat hulle ’n beter ooreenkoms gaan kry as hulle dié ooreenkoms afkeur, sal teleurgesteld wees,” het Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, aan joernaliste gesê nadat die 27 oorblywende EU-leiers ’n verdrag onderteken het wat die voorwaardes van Brittanje se uittrede uit die EU in Maart, sowel as ’n handelsverdrag tussen die EU en die Verenigde Koninkryk (VK) in die toekoms uiteensit.
Toe Juncker gevra is of daar enige kans is dat Brussel samesprekinge sal heropen as ’n alliansie van pro- en anti-Brexit-ondersteuners dit in die Britse laerhuis uitstem, het hy net benadruk dat Brittanje die “beste moontlike ooreenkoms” gekry het.
Donald Tusk, die voorsitter van die Europese Raad, het meer versigtig geklink en net gesê hy wil nie enige hipotetiese scenarios oorweeg nie.
May het ná afloop van die EU-spitsberaad ’n perskonferensie gehou waarop sy haar plan probeer verkoop het, en aan televisiekykers by die huis gesê dat dit “beste moontlike ooreenkoms” was – ’n ooreenkoms wat weer beheer oor Brittanje se grense en begrotings bied, terwyl dit ook noue samewerking ingevolge EU-regulasies handhaaf, wat goed is vir sake en die veiligheid van die breër streek.
“In enige onderhandeling kry jy nie altyd alles wat jy wil hê nie. Ek dink die Britse burgers verstaan dit,” het May gesê.
Die Britse parlement se besluit kan óf die deur na ’n “beter toekoms” oopmaak óf groter verdeeldheid in die land skep, aldus May. “Ek sal met my hele hart ’n betoog vir hierdie ooreenkoms lewer,” het sy bygevoeg.
PARLEMENTSTEMMING
Sy wou egter nie sê of sy sal bedank as die parlement die ooreenkoms afkeur nie.
Angela Merkel, Duitse bondskanselier, het dit as ’n “geskiedkundige oomblik” beskryf wat sowel “tragies en hartseer” is, maar sy wou nie verder oor die parlementstemming spekuleer nie.
Sebastian Kurz, Oostenrykse kanselier, het egter gesê dat daar geen verdere onderhandelings sal wees as die ooreenkoms afgekeur word nie.
“Daar is nie ’n Plan B nie,” het Mark Rutte, Nederlandse premier, gesê. “As enigiemand in die Verenigde Koninkryk dink dat as hulle nee stem iets beter daaruit sal kom, is hulle verkeerd.”
Te midde van die groot lof wat die EU se hoofonderhandelaar, Michel Barnier, en sy span kry vir die feit dat hulle ’n ooreenkoms ná 18 maande se uitputtende onderhandelinge kon voorlê, het Juncker gesê dit is nie ’n “tyd vir sjampanje” nie. Volgens hom lê daar nou harde werk voor om nuwe verhoudings te bou.
Dit het die 27 EU-leiers skaars ’n halfuur geneem om die verdrag van bykans 600 bladsye vir Brittanje se uittrede te onderteken. Brittanje moet op 29 Maart uit die EU tree, gevolg deur ’n oorgangstydperk van twee tot drie jaar.
Die dokument oor die toekomstige handel- en veiligheidsooreenkoms was net 26 blaaie lank.
Volgens May se kritici hou dit Brittanje gebind aan EU-regulasies, waaroor die land nie meer ’n sê gaan hê nie.
Volgens Tusk was die EU-lande vasbeslote om so ’n nou as moontlike vennootskap met Brittanje te hê – ’n land wat lank skepties oor EU-integrasie was. “Ons sal tot die einde van dae vriende bly. En dan nog ’n dag langer,” het hy gesê.
BENODIG HERVORMING
Emmanuel Macron, Franse president, het gesê Brittanje se Brexit-stem is ’n bewys dat Europa hervorming nodig het. Hy het benadruk dat Parys Brittanje by streng EU-regulasies sal hou, in ruil vir maklike handelstoegang.
Litaue se pres. Dalia Grybauskaite het weer van verskeie scenarios gepraat as die Britse parlement die ooreenkoms afkeur: Dat die Britte ’n tweede referendum gaan hou, ’n nuwe verkiesing gaan hou om May te vervang of na Brussel sal terugkeer om weer oor die pakket te onderhandel.
Brittanje kan op 29 Maart ook net eenvoudig die EU verlaat. Albei kante het al voorbereidings gemaak vir ’n scenario waarin geen ooreenkoms bereik word nie.
Die pond het versterk sedert die ooreenkoms oor die afgelope tien dae finaal vorm aangeneem het, maar maatskappye en beleggers bly steeds senuagtig.
Noord-Ierland se Demokratiese Unioniste-party (DUP) het aangedui dat die party die ooreenkoms gaan probeer keer omdat dit Londen aan baie EU-regulasies bind en daar vrese bestaan dat dit sy bande met Brittanje kan verswak.
Arlene Foster, DUP-leier, het gesê sy sal die ooreenkoms hersien om May en haar Konserwatiewe Party te ondersteun as die Brexit-egskeiding deur die Britse parlement goedgekeur word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie