EU wil gespanne bande met Afrika herbou

Die sesde EU-AU-beraad van leiers uit Europa en Afrika het verlede week plaasgevind.
Ronelle Rademeyer
Leiers van die Europese Unie (EU) en Afrika het Donderdag en Vrydag in Brussel, België, vergader vir 'n tweedaagse beraad waartydens gepoog is om bande te herbou deur beloftes van groot belegging in die lig van mededinging van China en Rusland.

Betrekkinge met lande in die Afrika-unie (AU) is bemoeilik deur ’n reeks probleme: van geskille oor Covid-19-entstofvoorrade, tot die bekamping van onwettige migrasie, ’n vlaag van staatsgrepe in Afrika, en die groeiende invloed van Russiese huursoldate op die vasteland.

“Ons gemeenskaplike ambisie, Afrikane en Europeërs, vir hierdie beraad is om ’n hernieude, gemoderniseerde en meer aksie-georiënteerde vennootskap te bereik,” het Senegal se president Macky Sall, wat tans die voorsitter van die AU is, gesê.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk, wat die EU se roterende presidentskap beklee, het gesê hy hoop die eerste gesamentlike beraad sedert 2017 slaag daarin om 'n nie "ekonomiese en finansiële ooreenkoms met Afrika" te bewerkstellig.

Die EU het hom daarop toegespits om die 40 Afrika-leiers in Brussel te oortuig dat Europa hul "betroubaarste vennoot" is deur ’n beleggingsinisiatief uit te voer wat daarop gemik is om 150 miljard euro (US$170 miljard, N$2 555 miljard) se openbare en private fondse oor die volgende sewe jaar te mobiliseer.

Dié skema is die eerste streekstoedeling van die EU se “Global Gateway” - ’n wêreldwye beleggingsbloudruk van 300 miljard euro wat daarop gemik is om mee te ding met China se sogenaamde “Belt and Road”-inisiatief.

Die EU kyk aanvanklik na 12 ambisieuse projekte om internettoegang, vervoernetwerke en hernubare energie te versterk, en poog daarmee om 'n alternatief tot goedkoop lenings deur Beijing aan Afrikalande te bied.

Besonderhede oor hierdie befondsing bly vaag, en die projekte moet nog met Afrika ooreengekom word.

Afrika-leiers wil hê die EU moet die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) eerder sover kry om lande op die vasteland verder finansieel te ondersteun.

Die beraad het plaasgevind teen die agtergrond van 'n vlaag van militêre staatsgrepe in Afrika. Burkina Faso het verlede maand by Guinee, Mali en Soedan aangesluit as die vierde land waar ontevrede soldate die verkose president omver gewerp het.

Dié vier lande was nie in Brussel verteenwoordig nie.

Terwyl Europa worstel met ’n gevreesde Russiese inval in die Oekraïne, heers daar kommer oor die toenemende mag van Russiese huursoldate in sommige van Afrika se mees wisselvallige konflikgebiede.

Die stryd teen die Covid-19-pandemie was ook 'n belangrike onderwerp by die beraad.

Afrika is kwaad oor wat hy beskou as die onregverdige verspreiding van entstowwe wêreldwyd, wat hom klaaglik aan die agterspeen laat suig het.

Suid-Afrika se Cyril Ramaphosa het die Weste daarvan beskuldig dat hulle Afrika net die "krummels van hul tafel" gee nadat die EU 'n poging om 'n tydelike patentkwytskelding toe te laat sodat die generiese produksie van entstowwe kan plaasvind, afgeskiet het.

Die EU, as die wêreld se grootste entstofuitvoerder, wys daarop dat hy meer as 400 miljoen dosisse tot die wêreldwye Covax-entstofinisiatief bygedra het en beloof om teen die middel van 2022 ’n verdere 450 miljoen dosisse entstof aan Afrika beskikbaar te stel.

Die EU sê hy sal befondsing verhoog om gesondheidstelsels op die vasteland te help om mnese ingeënt te kry, en het 1 miljard euro belowe om toekomstige entstofproduksie in Afrika te versterk. -Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A