EU wil Trump se sanksies teen Iran teenwerk
EU wil Trump se sanksies teen Iran teenwerk

EU wil Trump se sanksies teen Iran teenwerk

Die Europese Unie (EU) het Maandag beloof om pres. Donald Trump se herinstelling van sanksies teen Iran teen te werk. Dit sal ’n toets vir die EU se vermoë wees om ’n ooreenkoms met Iran te behou om sy planne vir kernwapens te beperk.

Terwyl Amerika se sanksies van gister af geld maak ’n nuwe wet van die EU voorsiening om Europese maatskappye te beskerm teen wat hulle die “onwettige” uitwerking van die sanksies buite Amerika se grense noem.

Diplomate van die EU sê hulle wag vir meer besonderhede oor hoe die sanksies toegepas gaan word.

Die EU, China en Rusland, die twee partye in die ooreenkoms met Iran in 2015, werk saam om handel met Iran te behou.

Ekonomiese voordele

Iran het gedreig om voort te gaan met sy kernprogram as hy nie die ekonomiese voordele van die opheffing van sanksies sien nie.

Frankryk, Duitsland en Brittanje se ministers van buitelandse sake en die EU het ’n verklaring uitgereik waarin die herinstelling van sanksies “diep betreur” word.

Hulle het onderneem om die kapitaaluitvloei en uitvoer van Iran se olie en gas te onderhou, as ’n lewenslyn vir dié land se ekonomie.

Amptenare van die EU hoop dit sal die uitwerking van Amerika se sanksies op maatskappye versag en keer dat Amerika strafmaatreëls toepas.

Die nuwe maatreëls verbied lede van die EU om aan die Amerikaanse sanksies of verwante bevindings te voldoen. Dit laat ook toe dat maatskappye skadevergoeding kan eis weens kontrakbreuk.

Onder die nuwe maatreëls behoort maatskappye goedkeuring van die EU te vra om bedrywighede in Iran te beëindig om aan die sanksies te voldoen, maar nie as dit as gevolg van ’n sakebesluit is nie.

Kommer bestaan dat Europese maatskappye deur die EU beboet kan word as hulle nie hieraan voldoen nie en dus nie Amerika se sanksies nakom nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!