Euretha en die dieretuin
My beste vriend se ma het altyd gesê: “Maak seker jy hou van jou bure, want hulle raak later jou vriende.”
Dit is hulle wat jou per ongeluk kaal gaan sien, jou garage toemaak as jy hom oop vergeet, die venters toedruk, katte, honde, rotte of visse kosgee, jou bel as die alarm afgaan en bakpoeier bring as jy nie het nie. Dit is goeie mense, het sy gesê.
Dis vir my moeilik om van enigiemand anders as my familie en hulle plus ones te hou. Ek beskou myself nie as 'n goeie mens nie. Ek is te eerlik.
Vir 'n geruime tyd het ek in 'n baie stil, beboste, relatief veilige area gewoon. Eintlik 'n bietjie van 'n paradys, as ek nou daaraan dink.
Maar dit was my bure wat my gepla het. En nie omdat hulle soos bobbejane in 'n piesangboom aangegaan het nie, eerder omdat ek hulle nooit regtig gehoor of gesien het nie.
Een Sondag het die oom aan my regterkant by die huis met 'n vierwiel opgedaag. Die oom, ek dink sy naam is Jan, is groterig (opblaasswembad-size) en moet niks meer as 'n pram bestuur nie. Maar so besluit hy sy agterplaas is nou 'n resiesbaan. Hy spin, gooi doughnuts en maak wheelies in sy agterplaas.
Hy waai ook kastig vir my soos hy die bike stuur. Ek het nie te veel marakkas gemaak nie, want my musiek- en kersligaande wat ek gereeld op 'n Vrydagaand hou, lyk gewoonlik baie erger as 'n halfton-oom op 'n halftonfiets.
Aan my ander kant is een van daai designer gesinnetjies. Ma, pa, boetie, sussie en nog een in die pens, drie hondjies, 'n plat kar en 'n dubbelkajuit, DStv, kruietuintjie, plastiekgras, klein waterfeature en die “leef, geluk, lag” teen die glasvoordeur geplak. Eintlik lieflike mense.
Ek het een keer in die verbyry gewaai, en toe's daar die volgende dag 'n lasagne en ystervarkies in die huis.
Sulke mense is te goed vir my. Ek sal al hul visies en drome met my taalgebruik en opgeswelde lewer belemmer.
Intussen is die huis waarin ek bly, verkoop, en ek moet al my goedjies pak en weer iewers anders gaan plak.
So pak ek op en trek. Net vier blokke verder. Maar dit bly 'n traumatiese ervaring.
Nou arriveer ek by die nuwe plek. Klein, beknop en skoenboksagtig. Net soos ek by die trap oploop, staan 'n vrou met haar hand uit, asof sy bedel en al jare vir my wag. Sy lyk soos 'n gevlekte roomysstokkie. Lank, maer en vaal met bloedrooi hare. Op haar arm is 'n dingetjie met oë. Ek hou net van my familie se kinders. Toe is ek ontsteld. Die vrou stel haarself voor as “Euretha” en ek kan nie die dogertjie se naam onthou nie.
“Ons braai elke Vrydagaand, Euretha is die naam. Dit is my dogtertjie. Haar pa is weg,” sê sy.
Ek sê: “Wanneer kom hy en wat moet ek doen? Lloyd, aangenaam.”
“Jy moet net opdaag,” antwoord sy.
Ek het toe verlede Vrydag daar gaan braai. Ek is oor met my tjop en dop en met die intrapslag sien ek die twee katte, albino luislang in 'n ou vistenk, 'n papegaai wat iets in Duits sê en 'n hondjie met hare wat lank oor sy oë hang.
“Welkom by die zoo, het jy ys by jou plek?” sê Euretha en druk die een met die ogies in my arms.
Ek skrik. Ek ken nie hoe kinders werk nie.
“Nee, ek het nie” sê ek. “Wat moet ek met haar doen?”
“Ek ry dan gou winkel toe. Ek kan nié braai sonder ys nie,” sê Euretha. En toe gryp sy 'n sleutel en glip by die voordeur uit.
Nou sit ek met die sussie. Ek vra maar vir haar hoe dit gaan. Maar dit is net kwyl waar jy kyk. Ons sit nog bietjie. Daar is nie 'n vuur van 'n sekonde oud nie. Tien minute raak 'n uur. 'n Uur raak donker en toe is dit slaaptyd. Toe maak ek die garage en vensters toe, gee vir die zoo kos, sit die ligte af en sus vir Ogies aan die slaap. Miskien is ek after all 'n goeie mens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie