Europese Filmfees skop volgende week af
Europese Filmfees skop volgende week af

Europese Filmfees skop volgende week af

Yandi Du Plessis
Die afvaardiging van die Europese Unie (EU) aan Namibië en sy lidlande sal vanjaar, in samewerking met die Namibië Filmkommissie (NFC) en Filmmakersvereniging van Namibië (FAN), weereens die Europese Filmfees in Namibië aanbied. Die fees sal oor 'n tydperk van twee maande plaasvind - elke Woensdag vanaf 6 Oktober tot 1 Desember. Altesaam ses Europese en drie bekroonde Namibiese rolprente sal vertoon word - elk in verskillende genres en met verskillende temas en unieke narratiewe.
Vanjaar se tema, geïnspireer deur die globale Covid-19-pandemie en die krisistye wat dit meegebring het, is “Life is about laughter, sadness, joy, wonders and timeless stories”.
Tydens ‘n mediakonferensie vandag het me. Caillin Basson, die voorsitter van FAN, gesê die Namibiese rolprentbedryf maak veral die afgelope twee jaar internasionaal opslae en dat inisiatiewe soos die Europese Filmfees in Namibië ‘n goeie dryfveer is vir dié vooruitgang in die bedryf.
Die EU se ambassadeur in Namibië, me. Sinikka Antila, het op haar beurt gesê die filmfees is in lyn met die kulturele strategie wat die EU en Namibië volg met die doel om kuns en kultuur te bevorder en te ontwikkel - wat interkulturele dialoog en inklusiwiteit bevorder en bydra tot plaaslike- en internasionale integrasie.

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!