Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax
Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

Henriette Lamprecht
Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut het Namibië geloof vir sy "uitsonderlike leierskap" en optrede om die verspreiding van die Covid-19-pandemie in die land te bestuur.

Die EU is die grootste dryfveer agter die werksaamhede van Covax. Saam met lidlande, die Europese Beleggingsbank en die Europese bank vir Rekonstruksie en Ontwikkeling (#TeamEurope) is tot dusver € 2.2 miljard aan die inisiatief toegeken. Dié bydrae sal help om 1,3 miljard dosisse aan 92 lae- en middelinkomstelande teen die einde van die jaar te versprei.

Verlede jaar het die EU meer as 'n miljard Euro bestee in die ondersteuning van navorsing en ontwikkeling van entstowwe en nuwe terapieë om 'n kuur teen Covid-19 te ontwikkel. Dit het die proses versnel om entstowwe teen meer bekostigbare pryse te produseer en entstowwe uit te voer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer