Europol waarsku oor IS-aanvalle
Dosyne militante is volgens alle aanduidings reeds in plek in Europa vir beplande aanvalle en meer sal waarskynlik uit Sirië en Irak na lande in die Europese Unie (EU) stroom soos hulle terugslae op die tuisfront toegedien word.
In ‘n verslag oor die bedreiging van die Islamitiese Staat-groep (IS) vir die 28 nasieblok, sê die Europese Unie se polisie-agentskap (Europol) die waarskynlikste vorms van aanvalle sal dit wees wat in onlangse jare voorgekom het, van massa-skietery en selfmoordbomaanvalle soos in Parys en Brussel gesien is, tot messtekery en ander aanvalle deur radikales wat alleen optree.
Motorbomme en ontvoerings, wat algemeen in Sirië is, kan ook as taktiek in Europa na vore tree, sê Europol.
Die hele EU word bedreig omdat byna al die regerings Amerika se koalisie in Sirië steun. Die agentskap waarsku ook dat IS waarskynlik Siriese vlugtelinggemeenskappe in Europa sal infiltreer in ‘n poging om vyandigheid teen immigrante aan te blaas.
"Indien IS in Sirië en Irak deur koalisiemagte verslaan of verswak word, sal buitelandse vegters na hul families in die EU terugkeer," lui die verslag. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie