Eurowings land op Hosea Kutako

Namibië lok toeriste en sakereisigers uit Europa.
Augetto Graig
Augetto Graig



Eurowings se eerste 310 passasiers het gister veilig by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland ná hul ure lange direkte vlug op Airbus 330-200

van Keulen in Duitsland.

Dit was die eerste van twee weeklikse vlugte wat Windhoek nou nog makliker en goedkoper met Duitsland en die res van Europa verbind.

Eurowings is die goedkoper vliegvennoot van die beroemde Lufthansa-lugrederygroep.

Mnr. Andre Schulz, groephoofbestuurder vir suidelike Afrika, het die geleentheid bygewoon.

Eurowings vlieg wêreldwyd na meer as 130 bestemmings vanuit sewe stede in Duitsland.

Volgens Schulz is Eurowings die lugredery in Europa wat die vinnigste groei met 'n inkomste van €32 miljard 'n jaar.

“Vandag is ons trots daarop om die eerste vlug, betyds en volbespreek, in Windhoek te sien land,” het hy gesê.

Volgens Schulz is daar merkwaardige geleenthede vir groei in suidelike Afrika en veral in Namibië, ook vir internasionale en plaaslike sakereisigers.

“Windhoek raak al gewilder as toeriste- en besigheidsbestemming, en dus was daar goeie besigheidsredes vir Eurowings om Namibië met Duitsland en Europa te verbind,” sê hy.

Schulz sê Namibië as bestemming sal selfs gewilder word en 'n tweede roete word tans beoog waarmee Eurowings van Mei volgende jaar af ook twee maal per week München toe sal vlieg.

Ook teenwoordig by die geleentheid was mnr. Engel Nawatiseb, adjunkminister van staatsondernemings en me. Kornelia Shilunga, adjunkminister van myne en energie, amptenare van die ministerie van werke en vervoer, asook hoës van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC).

Mnr. Rodgers Kauta, NAC-direksievoorsitter, het gesê dié verwikkeling bied Namibië nuwe geleenthede.

Mnr. Cedric Mwanota Limbo, waarnemende permanente sekretaris van die ministerie van werke en vervoer, het gesê die toename in lugrederye wat Namibië besoek is die gevolg van 'n ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!