Everest eis nog 'n lewe
Everest eis nog 'n lewe

Everest eis nog 'n lewe

'n Britse bergklimmer is die jongste ongeval op die berg Everest in ’n seisoen wat gekenmerk word deur slegte weer en op goeie dae ’n totale “verkeersknoop” na die piek van die wêreld se hoogste berg.

Robin Fisher (44) is Saterdag dood op pad terug nadat hy die piek bereik het, sê Mira Atsjarja, direkteur van die Nepalese departement van toerisme.

Fisher is op ’n hoogte van 8 600 m dood nadat hy siek geword het, berig The Guardian.

Gidse het vir hom water gegee en sy suurstofbottel omgeruil, maar dit was tevergeefs, sê Moerari Sjarma van die Everest Parivar-ekspedisie waarvan Fisher deel was.

Daar is kommer oor die groot getalle klimmers vanjaar. Verskeie klimmers is al dood en die lang oponthoude en bottelnekke op die roete op en van die berg af kry deels die skuld.

Die Ier Kevin Hynes (56) is Vrydagoggend aan die Tibet-kant van die berg dood, het sy ekspedisieleiers op Facebook aangekondig, berig The Journal.

Hy het omgedraai voordat hy die piek bereik het en is dood gevind in sy tent by die North Col op 7 000 m.

Vier bergklimmers van Indië is ook al dié seisoen dood en een uit onderskeidelik Amerika, Oostenryk en Nepal. Twee klimmers word vermis.

Daar word geskat 600 mense het die piek van Nepal se kant af bereik. Van Tibet se kant af is 140 klimpermitte uitgereik. Daar word voorspel dat verlede jaar se rekordgetal van 807 mense wat die piek bereik het vanjaar oortref kan word.

Kenton Cool, wat die berg reeds 14 keer geklim het, het aan The Guardian gesê daar is twee probleme: die toenemende gewildheid van die klim, veral onder klimmers van Indië en China, en dat die klimmers al hoe minder ervaring het voordat hulle die berg aanpak. Cool stel ’n soort beoordeling van klimmers se vermoë voor. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!