Evette de Klerk: ‘Ek soek my 100-rekord terug’
Atletiek
Wim Pretorius – As Evette de Klerk nou vir een ding kan wens, is dit dat die Suid-Afrikaanse rekord in die 100 m vir vroue weer – soos tussen 20 April 1990 en 10 Julie 2015 – agter haar naam sal staan.
So het die legendariese Springbok-atleet gereageer ná die nuus dat Tebogo Mamathu, die tweede atleet wat haar nasionale rekord oortref het, nou saam met Carina Horn, die eerste een wat dit verbeter het, weens die gebruik van opkikkers geskors is.
“Dit is absoluut skokkend vir my dat sulke goed nou moet gebeur,” sê De Klerk.
“Ek het 25 jaar lank gehardloop. Ek het my buiging op senior vlak al in standerd 7 (graad 9) gemaak. Van skool af is ek elke jaar getoets (vir verbode middels) en toe ek oorsee gaan deelneem het, is ek agt keer getoets.”
De Klerk het die nasionale 100-rekord in 11.06 sekondes in Germiston opgestel, waarna dit vir 25 jaar uitsluitlik agter haar naam was voordat Horn dit in 2015 in Madrid geëwenaar het.
Horn het toe op 15 Maart 2018 in Pretoria oplaas die alleenrekordhouer geword met ’n tyd van 11.03. Horn het minder as twee maande later die eerste SA vrou geword om deur die 11-sekonde-grens te bars, met ’n tyd van 10.98.
De Klerk het op dieselfde dag as haar 11.06 ook ’n 10.94 gehardloop, maar weens ’n sterk windlesing van agter (+3.0), word dit nie amptelik in die rekordboeke erken nie.
“As ek destyds iets (opkikkers) moes gebruik het, sou ek nie met myself kon saamleef nie,” sê De Klerk.
“Ek het altyd gesê dat my enigste steroïed die krag van die Here was. Waarom iets gebruik om die natuurlike prestasies waartoe jy fisiek in staat is, te probeer oortref?
“Al wat ek nou vra, is dat my rekord weer agter my naam moet staan. Ek het baie jare vir dit gewerk en dit is opreg en op ’n natuurlike wyse vermag.
“Ek is onkundig oor opkikkers, maar ek glo nie dat verbode middels jou uitslae binne ’n jaar só drasties sal affekteer nie. Ek dink nie dit sal jou binne ’n jaar onder 11 sekondes laat hardloop nie.”
Daar moet ernstig na hul prestasies in die rekordboeke gekyk word.
Waar sy glad nie gekla het toe haar tyd van 11.06 oortref is nie, is dit wel vir haar ’n bitter pil om te sluk dat ’n wolk van omstredenheid nou oor albei atlete hang wat dit reggekry het.
“Ek kyk normaalweg na die atlete se liggaamsbou. Ek was nooit so sterk nie en ek het nooit soos hulle gelyk nie en dan begin ’n mens wonder.
“Dit moet iewers gebeur dat ’n mens se rekords oortref word, maar nie op só ’n manier nie. Dit is teleurstellend.”
Met enkele uitsonderings, sukkel vroue-atlete in SA al vir etlike jare om ’n faktor op die internasionale verhoog te wees en De Klerk glo dat die jongste opkikker-skandaal die laaste ding is wat nou nodig is.
“Vroue-atletiek in Suid-Afrika het vir so lank gesukkel en dit is ’n groot jammerte dat hierdie situasie hom nou uitspeel.”
“Daar moet ernstig na hul prestasies in die rekordboeke gekyk word. Dit behoort nie erken te word nie, want dit is waarskynlik nie op ’n regverdige manier behaal nie.
“Dit gaan my verstand te bowe hoe atlete, veral deesdae, sulke foute begaan. Dit is jou lewe. Dit is jou toekoms wat daarmee heen is as jy verneuk,” sê sy.
De Klerk is wel verlig dat haar 200-rekord van 22.06, wat sy in 1989 in Pietersburg opgestel het, steeds staan.
Oor die moontlikheid dat Caster Semenya kan poog om in die 200 vir deelname aan die Olimpiese Spele te kwalifiseer, is De Klerk skepties.
Tensy Semenya medisyne gebruik (wat sy weier om te doen), mag sy nie meer aan nommers tussen 400 m en die myl deelneem nie weens Wêreldatletiek se regulasie oor vroue met natuurlik hoë testosteroonvlakke.
Haar appèlsaak teen dié regulasie in die Switserse federale hof het onlangs misluk.
“ ’n Mens weet nie tot wat sy in staat is nie. Haar testosteroonvlakke is baie hoër as wat ons s’n was en ek weet nie watter voordeel dit vir haar inhou nie,” sê De Klerk.
– Netwerk24
FOTO’S
Evette de Klerk tydens haar dae as atleet. Foto Gallo Images
Carina Horn (links) klop Tebogo Mamathu in ’n naelloop in Pretoria in 2018. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie