EVM’s ‘val van die wa af’
Die minister van justisie neem volle verantwoordelikheid vir die vermiste stemtoestelle, maar sê politieke partye en die publiek moet op die uitkyk daarvoor wees.
Catherine Sasman – Die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, het ’n verklaring uitgereik waarin hy beweer Swapo het die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) wél vir die vermiste elektroniese stemtoestelle (EVM) vergoed, wat glo verlore geraak het terwyl dit in die party se besit was.
Hy het bevestig vier beheer- en twee stemeenhede is in 2017 nie aan die ECN terugbesorg ná ’n raadsverkiesing van Swapo se raad van oudstes op Outapi nie.
“Ons moes dit nooit in ontvangs geneem het nie, omdat die masjiene van die sleepwa afgeval het waarmee dit vervoer is en dit steeds nie opgespoor is nie,” het Shanghala in die verklaring gesê.
Volgens hom is verklarings “wat in die besit van die ECN is” gevolglik aan die Otjiwarongo-polisie gemaak.
“Swapo het toe met die ECN vergader en die ECN het ’n rekening aan die party uitgereik vir die vervanging van die masjiene, wat betaal is,” het Shanghala gesê.
“Natuurlik” gaan die soektog “of wat daarvan oor is” na die EVM’s volgens hom voort.
“Sou enigiemand op enige EVM of eenheid afkom, bring dit asseblief terug na die ECN of handig dit by die naaste polisiekantoor in,” het hy gevra.
Shanghala het ook ’n beroep op die ECN gedoen om die vermiste eenhede se reeksnommers “in groter openbare belang en ter wille van verantwoordbaarheid” bekend te maak om te verseker geen van die vermiste masjiene beland in die verkiesingstelsel nie”.
“Vanselfsprekend kan die EVM’s nie geherprogrammeer word nie, of koordloos of op ’n afstand gebruik word nie. Dit moet met ’n kabel aan die geslote baan van ’n aantal masjiene gekoppel word,” het Shanghala gesê.
“As die hoof van die verkiesings wat vir Swapo se raad van oudstes gehou is, en namens Swapo aanvaar ek volle verantwoordelikheid vir die verlies van die EVM’s. Dit spyt my dat ons dit ooit in ontvangs geneem het, in plaas daarvan om aan te dring die ECN moet dit vervoer omdat dit die ECN is wat toesig oor die opstel, werksaamhede en verpakking vir hul terugbesorging moet hou.”
Volgens Shanghala is daar geen “sameswering om die verkiesings te kook nie”.
Die polisie se woordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het vroeër gesê hy kan nie besonderhede oor die saak verstrek nie, omdat hy nie die saaknommer het nie.
Hy het bygevoeg die ECN moet dit in sy besit moet hê indien ’n saak by die polisie geopen is.
Ondanks herhaalde versoeke het die ECN steeds nie die saaknommer bekend gemaak nie.
In reaksie op Shanghala se verklaring het die ECN-hoofbeampte, mnr. Theo Mujoro, gesê die kommissie het tot dusver nog nie baie besonderhede oor die polisieondersoek aan die publiek verskaf nie, maar sal dit “mettertyd” doen.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie