Excelsior Privaatskool het ’n hart vir wildeperde

Helene Bam
- Megan Viljoen, Graad 7, Privaatskool Excelsior, Aroab



Excelsior Privaatskool is 'n klein skooltjie in die suide van Namibië.

Al die leerlinge van die skool is kinders van die omgewing en leef ook na aan die natuur. Die skool bestaan al 26 jaar en het tans net 20 leerlinge en drie personeellede.

Ons skool het verlede jaar op 'n uitstappie na Aussenkehr gegaan en ons het gesien hoe droog dit daar is. In Aroab is droogtes iets waarmee ons gereeld te doen het, daarom kry ons die woestynperde jammer en het ons daaraan gedink om hulle te help.

Die Namib-perde kom van 'n Duitse baron af en het in die woestyn begin woon en versprei ná die Eerste Wêreldoorlog. Net dié wat ver kon stap en met min slaap en lang tye sonder water kon klaarkom, het oorleef en hul gene het na die volgende geslag oorgegaan.

Een van die eienskappe wat spontaan by die woestynperde ontstaan het, is om so min as moontlik energie te verbruik, dus word daar min gehardloop en alles word staan-staan gedoen. Waterdrink word ook vir so lank as moontlik uitgestel; hulle drink slegs elke 30 uur in die somer en in die winter elke 72 uur.

Die indruk word geskep dat die perde dalk lui is, maar dis nie so nie, dis net 'n manier om energie te bespaar.

By ons skool se kleuresport vroeër die maand was daar 'n geldinsameling vir die wildeperde by Aus en almal kon 'n donasie maak.

Ons sportorganiseerder, me. Zurika van der Westhuizen, het besluit om al die kinders van die skool uit te daag om vir een week N$5 per dag te betaal om gewone klere aan te trek.

Die onderwysers is ook uitgedaag om elkeen N$100 te betaal om skoolklere aan te trek. Altesaam het die skool N$3 500 ingesamel.

Ons skool wil ook die ander skole uitdaag om geld in te samel vir die wildeperde en so 'n verskil te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!