Expat-belasting: D-dag kruip nader
Volgens 'n kenner is die omstandighede van elke Suid-Afrikaner oorsee uniek, en is daar nie 'n enkele oplossing wat almal sal pas nie.
Francois Williams - Dis nog net 'n paar weke voordat Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk moontlik veel meer belasting as voorheen sal moet betaal.
Dit is wanneer wysigings aan die Inkomstebelastingwet in werking tree wat die vrystelling op inkomste van Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, net tot die eerste R1 miljoen beperk.
Alle inkomste meer as dit, insluitende byvoordele soos behuisings-, onderwys- of vervoertoelae, sal volgens die gewone plaaslike belastingtabelle belas word.
Die veranderings raak veral Suid-Afrikaners wat in lande in die Midde-Ooste werk waar hulle tot dusver geen belasting betaal het nie.
Richard Neal, besturende direkteur van Sovereign Trust, noem drie opsies wat Suid-Afrikaners in die buiteland kan oorweeg:
1. Skuif terug na Suid-Afrika.
Sommige Suid-Afrikaners oorweeg blykbaar wel dié opsie want die nuwe belastingbedeling sal dit vir hulle moeilik maak om hul leefstyl in die buiteland te kan handhaaf en terselfdertyd plaaslik belasting te betaal. Maar Neal noem tereg dis nie regtig vir die meeste mense 'n opsie nie, want hulle is juis weg uit die land op soek na beter geleenthede, en hulle gaan dalk baie sukkel om in die tam en taai plaaslike ekonomie 'n nuwe werk te kry.
2. Finansiële emigrasie. Dis 'n formele proses waar jy jou belastingstatus by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Suid-Afrikaanse Reserwebank verander van inwoner na nie-inwoner. Maar dis nie so eenvoudig of goedkoop as wat 'n mens dink nie. Jy sal kapitaalwinsbelasting op al jou plaaslike bates moet betaal en daar is beperkings op die bates wat jy wil behou of wat jy plaaslik wil aankoop. En as jy ná vyf of tien jaar terugkeer, kan dit verdag lyk, meen Neal.
3. Skep belastingdoeltreffende strukture. 'n Struktuur kan geskep word om jou belastingaanspreeklikheid te beperk en jou buitelandse inkomste en bates te beskerm. 'n Professioneledienstefirma kan oorsee in 'n belastingvriendelike jurisdiksie opgerig word wat aan jou internasionale werkgewer 'n rekening kan stuur. Jy kan ook 'n beleggingsportefeulje in 'n internasionale aftreeplan skep, veral as bydraes tot 'n aftreefonds binne die belastingperk val. Dit sal jou belastingblootstelling verklein, want sulke planne is van kapitaalwinsbelasting vrygestel op die aanvanklike kapitaal wat belê word. Die rente wat verdien word, is ook belastingvry, volgens Neal.
Wat gebeur as jy net wegkruip en niks doen nie?
Diegene wat nie aan die nuwe vereistes voldoen nie, kan stywe boetes kry of selfs tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis word met hul terugkeer na Suid-Afrika, waarsku die belastingkonsultantefirma Tax Consulting.
Wat presies verander?
Tans hoef 'n Suid-Afrikaner wat vir langer as 183 dae in enige 12 maande tydperk buite die landsgrense inkomste verdien en vir minstens 60 van daardie 183 dae aaneenlopend in die buiteland is, nie enige belasting op sy inkomste aan die SAID te betaal nie.
Van 1 Maart 2020 af is die voorwaardes vir dié vrystelling steeds dieselfde, maar slegs die eerste R1 miljoen van die inkomste sal nou vrygeskeld wees.
Tax Consulting sê mense moet ook kyk na die dubbelbelastingooreenkomste wat aangegaan is tussen Suid-Afrika en die betrokke land waarin hulle werk.
Tax Consulting het onlangs in Katar en die Verenigde Arabiese Emirate werksessies oor die veranderinge gehou. Claudia Aires Apicella, hoof van finansiële emigrasie by Tax Consulting, sê dié werksessies is baie goed bygewoon, wat wys hoe desperaat van die buitelandse Suid-Afrikaners is om nie die wet te oortree nie. Maar sy sê die omstandighede van elke Suid-Afrikaner oorsee is uniek, en daar is nie 'n enkele oplossing wat almal sal pas nie.
Tax Consulting sê hulle beplan nog werksessies in ander lande in die Midde-Ooste en in Noord-Afrika.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie