Exxaro belu00ea nog R1,5 mjd. in windkrag
Exxaro belu00ea nog R1,5 mjd. in windkrag

Exxaro belê nog R1,5 mjd. in windkrag

Elvira Wood – Die steenkoolreus Exxaro het ’n verdere R1,5 miljard in twee plaaslike windplase belê.

Exxaro het Dinsdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê hy het die 50%-belang oorgekoop wat Khopoli Investments in Cennergi besit het.

Khopoli Investments word deur die Indiese Tata Power-maatskappy besit.

Exxaro besit sedert Cennergi se projekte van stapel gestuur is reeds die oorblywende 50%. Hy is dus nou die alleeneienaar van Cennergi.

Cennergi besit twee windplase wat oorspronklik deel was van die tweede tender van die departement van energie se hernubare-energie-verkrygingsprogram van onafhanklike kragprodusente.

Die Amakhala Emoyeni-windplaas naby Cookhouse in die Oos-Kaap kan 134 MW krag opwek terwyl die Tsitsikamma-gemeenskapswindplaas naby Tsitsikamma, ook in die Oos-Kaap, ’n kapasiteit van 95 MW het.

Die uitstaande skuld vir dié twee projekte beloop tans sowat R4,9 miljard. Die leenooreenkoms, wat in 2016 afgeskop het, strek oor 15 jaar.

Exxaro sê dié skuld sal geen invloed op sy finansies hê nie aangesien hy geen bykomende sekuriteit hiervoor hoef te verskaf nie.

Exxaro sê hy het sewe jaar saam met Tata aan dié projekte gewerk voordat hy besluit het om die Indiese maatskappy uit te koop. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!