EzyStoves vir plaaslike owerhede
Altesaam 40 EzyStove-stofies, 'n eko-vriendelike stofie wat op Ondangwa deur mnr. Tuhafeni Nghilulanye (links) vervaardig word, is aan verteenwoordigers van tradisionele owerhede van al die streke by die Konvensie vir die Bekamping van Verwoestyning (UNCCD) se Elfde Konvensie (COP11) oorhandig. EzyStove kos N$60 en spaar gemiddeld 64 bome wat as vuurhout gebruik kan word. Met die gebruik van die stofie word gemiddeld 60% van giftige uitlaatgasse verminder. Op die foto oorhandig me. Meril Berry (tweede van links) van die Pupkewitz Stigting die stofies aan mnre. Cletius Sipalela van die Zambezistreek (tweede van regs) en Barakias Namwandi (heel regs) van die Hardapstreek. Foto Ian Nortje
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie