F1-legende glip nie verby
Die voormalige Formule Een wêreldkampioen Fernando Alonso se onlangse aankoms op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe het nie ongesiens verbygegaan nie.
Eugene Mouton van Windhoek het die 38-jarige Spaanse motorsportlegende dadelik herken.
“Dit was op 16 Augustus. Ek is 'n konsultant in buitelandse valuta en hy het by ons toonbank kom geld omruil voordat hy Walvisbaai toe is. Ek is 'n entoesias vir enige sport, insluitende motorsport en Formule Een,” vertel Mouton, wast sy selfie ingestuur het.
Alonso was twee keer die F1-wêreldkampioen (2005 en 2006), voordat hy ná die 2018 Abu Dhabi Grand Prix uitgetree het. In sy 17 seisoene in F1 het hy 32 Grand Prix's gewen.
Sy veelsydigheid om intussen ook die FIA Wêrelduithoukampioenskap, asook die 24-uur Le Mans verlede jaar met sy eerste probeerslag te wen, is van die besondere prestasies op sy getuigskrif.
In die tweede helfte van Augustus het Alonso 'n blitstoer deur Suider-Afrika se woestyngedeeltes onderneem ter voorbereiding op sy deelname aan die 2020 Dakartydren wat in Januarie in Saoedi-Arabië aangebied word.
Alonso se latere toekomsplanne in motorsport bly egter die onderwerp van daaglikse bespiegeling in die internasionale media.
Sy standaard antwoord is variasies van iets soos “Miskien; ons moet maar sien,” op vrae of hy vir Red Bull of Ferrari se voortdurende toenadering gaan ja sê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie