Fabriekspryse styg weer met minder
Fabriekspryse styg weer met minder

Fabriekspryse styg weer met minder

Estelle de Bruyn
Die prysdruk wat Suid-Afrikaanse vervaardigers en groothandelaars ervaar, is effens aan die taan.

Die land se oorhoofse produsenteprysindeks (PPI) het in Februarie verder gedaal en was op 5,6% vergeleke met 5,9% in Januarie.

Die PPI is in die algemeen 'n voorloper van verbruikersprysinflasie, maar dit kan maande duur voor laer pryse deursyfer na die winkel toe.

Die grootste rede vir die laer PPI is goedkoper kos, drinkgoed en tabak. Kosprodusente se pryse het in Februarie met 9% gestyg, teenoor 10,6% in Januarie.

Heelwat landbouprodukte raak goedkoper, maar Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, waarsku dat dit 'n rukkie kan duur voor verbruikers die voordele voel.

Sihlobo waarsku ook dat die pryse van suiwelprodukte en vleis nog oor die komende paar maande skerp gaan styg. Melkproduksie neem altyd in die winter af, wat die voorraad verminder, en veeboere bou hul kuddes op ná die einde van die droogte in baie gebiede.

In Januarie is 28% minder vee geslag as in Desember 2016.

Busisiwe Radebe en Dennis Dykes, ekonome van Nedbank, sê die grootste risiko vir produsentepryse in die volgende paar maande is die rand.

Benewens die oorhoofse PPI, meet Statistieke Suid-Afrika ook die inflasie van intermediêr vervaardigde produkte; krag en water; mynbou en landbou, bosbou en visserye. Twee uit dié vier het gestyg en twee het gedaal.

Die PPI vir intermediêr-vervaardigde produkte is hoër op 7% (Januarie: 6,7%).

Krag en water het op produksievlak 9,3% duurder geword (Januarie: 10%).

Mynbou se PPI het tot 12,2% gestyg (Januarie: 10,7%).

Landbou, bosbou en visserye se PPI was -3,2% (Januarie: -2,9%). Daar was egter steeds 'n kommerwekkende maand-tot-maandstyging van 1,2%. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!