Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Windhoek se tariefverhogings:



Ek verstaan regtig nie hoekom vuisvoos verbruikers met sulke hoë verhogings moet reken nie. Is nie asof die diens verbeter om dit te regverdig nie. Met sulke hemelhoë verhogings jaarliks wil ek sien waar sit ons in 5 of 10 jaar, dan kan niemand meer bekostig om in Windhoek te bly nie? Dink hulle ons kry elke jaar sulke hemelhoë salarisverhogings of wat, en die bietjie wat mens kry word deur sulke verhogings dadelik verslind sodat mens eintlik armer van jaar tot jaar word. En die beursies van dies wat by die munisipaliteit in hogere poste werk raak net vetter en vetter – op die einde voorspel dit niks goed vir die vlg 10 jaar nie. – Erika Glück?



Stem! Ek is raadop! Ons trap een tree vorentoe, dan word jy 3 teruggeruk. – Rolf Hansen



So gaan dit met ons. Nooit sal ons vorentoe gaan nie. Jou salaris word getax, koop jy kos word jy getax, bel jy word jy getax. So gaan alles maar op, maar vra jy nou vir 'n verhoging dan moet jy nou sien hoe word jy gekyk. – Hendry van Tura



Ek werk vir die staat en wragties hoe gelukkig is ek nie, nê? Ek betaal belasting soos jy. Hemel hoë water en krag soos jy. Ek moet huur ten duurste, want my salaris is nie so groot dat ek 'n huis kan koop nie. Dink voor jy sê dat die regeringsdiens­mense gelukkig is. Net die mense in hoë poste kan alles bekostig en dit is MP's wat alles gratis kry. Van behuising, water, krag. ens. – Christa Theart



Ai mense, hoe moet ons vir ons gesinne sorg? Ek kan nie 'n huis bekostig nie, nie huur nie, en as ek dit kan doen, kan ek nie kos, water of krag koop nie. En die “fat cats” leef in weelde. – Janneke Beukes



Bleeding the consumer dry. And when you can't pay you simply get cut off. Where are our human rights activists in cases like this? – Ingo Kirstaedter



Namibiërs, julle aanvaar te maklik alles. Gaan loer bietjie in by ons buurland. Hulle betoog oor alles. Het ons 'n nasie van "tolerate alles" geword? – HJJ Mouton



Ja, en so word ons weereens slagoffers van die sogenaamde stelsel. – Mendoza Katamila



Waar moet ons die geld kry? Salarisse bly dieselfde en ons moet meer betaal vir bruin, vale water terwyl ander op die wat betaal teer. – Jaco Engelbrecht



Waantoe is dit op pad want sulke tipe goed affekteer ons wat huur aan die einde van die dag. Here wees ons genadig. – Monalisa Meggy Monalisa



Ons moet mos vir hulle wanbestuur en bedrog opdok. Pateties. – Johan Tromp



Ag, gaan verhoog jou ma. – Norman Bester



Waantoe gaan ons nou terug? Na koolstowe. Water en krag is nou te duur. – Elsa Cloete



Ons moet protes!!! – Basil Rickerts



“RCC: Niks verkeerd met N$5 miljard-versoek”:



Terwyl die regering se skielike ommeswaai van te veel spandeer na te min spandeer moontlik eiehandig die ondergang van honderde kontrakteurs veroorsaak het, sal dit miskien beter wees as hulle die RCC maar liewer laat ploeg en die geld gebruik om werk te skep vir privaat kontrakteurs wat nie aanhoudend vanuit die staatskoffers uitge-“bail” moet word. – Chris Agenbach



Dis nie 'n zombie-“government” soos verwys word nie. Dis 'n “vampire” en niemand doen niks da'aan. Kyk na die tenderproses. Da' lê die grootste korrupsie, die “kick backs” en die kwota's en vele meer. – Gavin Noble



Nou vra almal geld. Wat het geword van julle vorige begrotingsgeld wat julle per projek gekry het? Ai, vergeet. Seker opgeëet en vir eie gewin gebruik. – Tienie Prinsloo van Tonder



Hoe kon ou jare se paaie-administrasie met so min so baie gedoen het en vandag kan RCC met so baie so min doen? “Fire” die “lot” en begin van voor af met vyf miljard. – Gideon Kotze



Ander kommentaar:



Die visbron is 'n natuurlike bate van die land tot almal se voordeel en nie net tot 'n politieke elite se voordeel nie. – Gideon Kotze



Those that sit behind this NEEEF is just one group of lazy individuals. U can't multiply wealth by dividing it. Those that orchestrates for NEEEF must know our country will end in the dustbin. Joe Digu Swartbooi



What is nbc doing with all license money? – Tsowases Maldrid Anna Kee



As renosters op ons banknote was ipv bokke. . . ? – Jannie Greeff



Dit is seker al hoe ons sal onthou hoe 'n renoster werklik gelyk het as dit op ons geldnote verskyn! – Christine Kruger

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 2 vs 2 Wolves | Brentford 4 vs 3 Ipswich Town | Aston Villa 1 vs 1 Bournemouth | Manchester City 1 vs 0 Southampton | Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Villarreal | Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Napoli 1 vs 0 Lecce | Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A