Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Groot geld vir reisende politici”:



Dit maak nie saak hoe belangrik ''n politikus is nie, hierdie tipe van geldmors is beslis nie regverdigbaar nie. Miskien is ek te eenvoudig om dit te verstaan, maar dit voel vir my soos ''n blatante wanbesteding van die belastingbetaler se geld. – Johan Beyers



Met politici se pay het hulle nie perks nodig nie. – Jannie Greeff



Nuusbreker: “Windhoek munisipaliteit maak u-draai met busse”:



Swak beplanning . . . Werkers is nou baie laat met die onnodige roete eers stad toe en dan weer verder op ander bus. – Anita Gous Roux



Ja Anita, en op sommige roetes is daar nie eers ''n bus nie. Hierdie arme mense staan donker op om betyds by hulle werk te wees en moet soms nog ''n ver ent loop as daar nie ''n volgende bus is nie. Regtig swak beplanning soos jy sê en geen omgee vir hierdie vroue wat moet werk vir hulle gesinne nie. – Sandra Coetzee Steenkamp

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer