Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Regstreeks: Kerkmoles up Usakos en ander nuus - 31 Mei 2018:



Dit gebeur met die NG kerke oral­oor as hulle hulself met politiek wil verbind. Die mense hoor genoeg politiek! Jy gaan kerk toe om na die Woord van God te luister, nie na die predikant se politieke of rugbyvoorkeure nie. Ek en my familie het tydens so 'n diens wat polities gemotiveerd was opgestaan en was nog nooit weer in 'n NG kerk nie. – David Louw



Donderdag se voorblad:



As dit al so ver is om kerke te verkoop, laat my dink aan Geloftedag. Vandag sit hulle en drink en dans op 'n Sondag. Waarheen gaan dit dan nou al? Onthou, daar waar die unieke kerkie staan, mag die omgewing nie verander word nie, want dit versinnebeeld Usakos. Kyk maar net Usakos se begraafplaas. – Ingo Irle



Dr. Wotan Swiegers sterf:



Dit is een mens wat elke persoon wat hy teëgekom laat voel het jy is die enigste en belangrikste persoon wat hy al teëgekom het. Dit is net 'n groot man soos hy wat dit kon regkry. – Engela Vermeulen Rabald



Swakop se geliefde dokter: 'n Man wat almal op hul beste laat voel het. Ons sal jou mis, Dok. Rus in vrede en jaag die wolke! – Naomi Viljoen



'n Dokter 1 000. Hy het een keer in Swakopmund vir my “Fly me to the moon” gesing terwyl hy vir my 'n drip opgesit het. Wat 'n spesiale siel. Sal dit altyd onthou. – Jo-Anne Pote



Dis hartseer en skokkende nuus! Dr. Wotan Swiegers was 'n wonderlike, dierbare en mense-mensdokter. Baie sterkte en my innige meegevoel aan die familie. - Daniella van Rooi (HPCNA)



RIP Dr. Jy was 'n uitsonderlike mens en het baie van ons lewens aangeraak. – Lisa Beets



Hy was 'n voorbeeld vir so baie mense! Hy was altyd bereid om te help. Inderdaad 'n groot boom wat geval het. Sterkte aan sy familie. – Renei Deyzel



Rus in vrede, Dok! Wonderlike mens en dokter wat diep spore agterlaat. – Anjuleen Viljoen



Was 'n uitstekende dokter. En 'n groot biblioteek wat toegemaak het. – Marelize Vivier van Heerden

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!