Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
NBC Afrikaanse diens word Hartklop:



Dit klink goed op die tong. - Linda Scheepers



“Geslagsgeweld die 'norm'”:



Ons is sowaar 'n land van ontstellende statistieke. Ja, toegegee, daar is iets daarvan aanwesig in baie van die tradisionele tradisies, maar is dit nie hoog tyd dat ons die nodige respek begin betoon aan die vroulike geslag nie? As dit nie vir 'n vrou was, was ons nie in die wêreld gebring nie. – Johan Beyers



Kongres-uitslag:



Well done Mr President. God bless you. – Sinvula Muchila



“Regrukaksie begin op Jakkalsputz”:



Hierdie is elke jaar se storie. Skande. – Bernardus Lambertus Steyl



“Lig vir staat se veeartse”:



Hoop die skole se telefone word ook weer aangesit wat al 8 maande sonder fone funksioneer. – Christine Simon Visser



Kampeeroorde:



Geen persoon of instansie wil belê in die kampplekke, want dit is geld in die drein as gevolg van mense se houding en optredes, klomp dronkgatte wat afbreek en hulle gemors net so los. Ek boek eerder 'n huis en hou ordentlik vakansie sonder 'n klomp dronk, onopgevoede mense om my wat jou bloeddruk opjaag.

– Kobus Vermeulen



Wat 'n skande om dit so te sien. Ons het in 1973 op Swakopmund gebly en was in diens van Natuurbewaring en Toerisme en was betrokke by die ontwikkeling van Myl 14 en die opgradering van die toeristehuisies en ons was so trots daarop. Die ontwikkeling en instandhouding van die verskillende Myle het onder ons resorteer. Hartseer om die agteruitgang waar te neem. – Eliza van Jaarsveld



Die geld word vir salarisse, bonusse, toelaes en partytjies aangewend in pleks van projekte om instandhouding te doen! Dit gaan orals so. Hartseer. – Japie LE Roux



Ek meen vat te minste net jou vuilgoed saam. Mense is te lui om swartsakke saam te vat nou word dit die vlak vol gegooi. – Herbert Schmidlin



Hierdie tipe agterlosigheid ondersteun die selfsorgplekke op Henties indirek. Daar sal later niks van die oorde oorbly! – Willem Hyman



Dis 'n groot hartseer gesig hierdie. Al die jare wat ons daar gehengel het baie daar gestop. – Jacobus Koos Pieters



Wie is die vandale wat so afbreek? Dit lyk nie na gewone onderhoudsprobleme nie, maar eerder na 'n geval van besoekers wat nie respek het vir die geriewe wat tot hul beskikking is nie. – Lala Langenh

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!