Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
NSSCO-vakuitslae:



Interessant en insiggewend, dankie Republikein. – Annalize Burger



“Aroab sien rooi oor kragonderbrekings”:



Koop 'n generator. Dis wat ons in Katima doen. – Giovanni Boffelli



Aroab is op hul sokkies met hierdie tannie. Sy is hoof daar by Aroab se town council. Beste town council in Namibië. Wat finansies ook betref. Sy doen goeie werk. – Heidi Smith



Wat is julle probleem tog? In RSA het ons twee kragonderbrekings per dag. – Adrian Bruwer



“Vetkoek vir voorspoed”:



Hoe keur gesondheid so iets goed? Wonder maar net oor die dubbele standaarde. – Pieter van Vuuren



Die koekies word by die huis klaar gebraai dan bring hulle dit na die mark. – Nicolene Beeth Kautjituavi



Wat nie doodmaak nie maak vet . . . Vetkoekkieme versterk die weerstand in jou liggaam. Armoede vra nie en kyk hoe lekker vet en gesond is ek. Geen hb, glukose of cholesterol. – Steve Brian Titus



Enige persoon het die keuse om te eet wat jy wil hê. In Rhb word braaivleis en kapana naweke verkoop. Niemand stel belang om te vra waar die ding geslag is ens. Al wat ek weet, is daar baie mense wat enigiets sal doen om families te voed. Ek sal Rhb se braaivleisies koop en beslis ook hierdie vetkoek. – Tony Olivier



In Karasburg is ook 'n vroutjie wat vetkoeke verkoop. Dis besonder lekker en haar plekkie is silwerskoon. – Janet Rossouw



Video - Die vis-en-tjips-konings van Swakopmund:



Dit is die lekkerste vis en chips, al moet jy soms wag. Julle werk baie hard en ja, kritiek sal daar altyd wees, maar weet in jul harte ons waardeer dit. Hou so aan, baie dankie. – Nicolien Visser



Ons soek 'n Fork n Nice op Mosselbaai, Suid-Afrika, ook! – Ingrid van Niekerk Cronje



Hierdie bus was op sy dag laerskool Aus se skoolbus. Ná Aus se skool toegemaak het, is die bus na P. K. de Villiers Hoërskool op Keetmanshoop verskuif. Oom Schalk van der Westhuisen het hom toe op 'n veiling gekoop en na sy plaas naby Witpits tussen Aus en Rosh Pinah gevat. Daar het ek hom later by Oom Schalk gaan koop en hom self gery Keetmanshoop toe. Die bus was in 'n puik toestand. Ek het hom toe later vir Jannie Siver geskenk wat sendingwerk gedoen het. Later jare sien ek hom toe hier in Swakopmund. Op sy dag in Aus was hy ligblou gewees met die wapen van die skool op sy kante, wat 'n gemsbokkop was. Bokant die wapen het Aus geskryf gestaan en onder die leuse “Ons dien”. Ek was self op Aus in die skool en het baie gery om rugby te oefen op die veld buite die dorp. Ook Keetmanshoop of Lüderitz toe vir sport. – Piet Blaauw

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!