Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Boekhouer steel glo N$770 000”:



Julle wat so vinnig oordeel, ek hoop die dag as julle voor God gaan staan, is julle blaadjies silwerskoon, want duidelik is julle perfek met geen foute nie. Jy kan nie iemand oordeel as jy nie in daai persoon se skoene geloop het nie. Niemand weet waaroor sy dit gedoen het nie en in anyway is dit niemand se besigheid om te weet nie behalwe die betrokke partye. Dis baie maklik om klippe te gooi as jy self in 'n glashuis bly!!! – Geraldine Meyer



As die persoon nog nie deur 'n hof skuldig bevind is nie moet mens baie versigtig wees met jou kommentaar op publieke platforms. – Willi Saunderson





“Stadskas ruk plase”:



Die boere moet gesamentlik hof toe gaan vir 'n uitspraak om te bepaal of dit konstitusioneel is. My vermoede is hulle sal wen. – Neville Neveling



Die munisipaliteit is vrot van skuld, nou wil hulle die plaasboere ook nog bankrot melk!!! Sies man!!! – Anita Maier



Otavi Town Council het dieselfde gedoen. Die boere is die nuwe melkkoeie. – Anja Schütte



“Zenobia wou vir haar en Ava 'rus vind'”:



Zenobia, ek kan jou emosionele toestand verstaan. Emosionele mishandeling is iets verskriklik. Meeste van ons neem verkeerde besluite as ons emosioneel getraumatiseer is. Baie sterkte. – Sania Keyser Damon



Niemand sal seker ooit verstaan hoe sy op daai spesifieke oomblik moes voel nie. Geen regdenkende ouer sal willens en wetend so iets aan 'n geliefde doen nie. Ek wil amper sê ek verstaan where she is coming from. She must have been going through hell, not that I condone the killing of the innocent angel. We should seek help while we still can. – Caroline Gaoses



Wat sy gedoen het, het sy erken, ek dink sy het berou daaroor. Maar laat ons tog minder woorde na haar gooi. Niemand het geweet so iets sal in hulle huis gebeur nie. Vandag is jou lewe rooskleurig en erger dinge kan ook môre in julle huise gebeur. – Erich Descande

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!