Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Swapo se opvolgstryd:

Jerry wil ook op daai blou soustrein ry, voor sy hele diesel opraak daar bo in die berge van China soos jy Gobiwoestyn sal binnegaan, ant dis presies waarheen daai blou trein op pad is. In ‘n woestyn in. . . Mongolië toe. . . Hannes Brandt

Die spreekwoord sê lekker lewe is net ‘n vinger lank. Geld is op, nou gaan hulle mekaar uitroei. – Peter van Wyk

Jerry sien Geingob Harambee is lekka - oorsese trips vir die hele fêmilie, bou ‘n klomp huise saam met die Chinas. – Coetzee van Zyl

Arme ou Jerry. . . Sal Job die ou die keer seker okie innie steek laat nie. Once beaten twice shy!!!! – Visagie Kinne

Gesondheidsbelasting:

Tot op watter punt gaan ons nog belasting moet betaal? Dank die hele onbevoegde klomp af wat nie behoorlik kan bestuur nie. – Anita Gous Roux

Hoekom moet ek wat reeds sukkel om kop bo water te hou, belasting betaal vir ander se medies. En dit vir vigs en TB, wat altwee voorkom kan word. Regtig, hou op rondreis en kry iemand wat weet hoe om met geld te werk! – Janneke Beukes

Duur koste van reparasieprokureurs:

Somtyds kry ek die indruk dat die regering (of ten minste dan hulle wat besluite rondom regeringsfinansies moet neem) totaal onkundig is oor waar presies geld vandaan kom. Hulle praat van miljoene soos wat ek van tiene praat. Wanneer, o wanneer, gaan hulle daar in die hoë stoele begin om verantwoordelik (en deursigtig) om te gaan met ons land se finansies? – Johan Beyers

New Era se geldsake:

They bleed ja, want Harambee-Mercedes Benz and moerse pay kos geld. – Coetzee van Zyl

Unfortunately, it is only one of the many leaking taps through which the taxpayers' money is draining away. – Johan Beyers

“Gr. 8-leerling sterf ná skoolmaat hom met mes steek”:

Bring lyfstraf terug in skole. Ek sê nie rand die kinders aan nie, kry een onderwyser per skool wat elke Vrydag die slae gee. Kinders het geen respek vir ouers en grootmense nie, en dis alles die regering se skuld, want mens mag mos nie meer ‘n kind se gat slaan nie. Bring godsdiens terug in skole. – Marius Balhao

Dit wil mos al hoe meer vir my lyk asof die gebrek aan integriteit en verantwoordelikheidsin wat algemeen onder Namibiese volwassenes voorkom nou ook begin oorwaai na die jeug. Dit is uiters tragies. – Johan Beyers

Dit gaan nie oor lyfstraf nie. My oudste broer was met ‘n mes in sy skouer van voor gesteek. Dit was bloot gelukkig dat dit nie ‘n fatale wond was nie. Jaar 1976, Hoërskool Dr. Lemmer, Rehoboth. Gedurende skoolure deur ‘n medeleerling. Daardie jare was daar lyfstraf en godsdiens op skool. – Rattex Von Raesfeld Namibia

Daar was daai tyd sulke geïsoleerde gevalle, maar was in die minderheid. Deesdae is die kinders baie meer disrespekvol teenoor grootmense. Dwelms en drank is aan die orde van die dag. Lyfstraf werk as dit van ‘n jong ouderdom af op die regte manier toegepas word. – Marius Balhao

Ja nee. . . Hulle het mos godsdiens by skool uitgehaal. Min weet hulle ons in Rehoboth gee dit nog in ons skole. Hulle moet net nie uitvind nie. – Hannes Brandt

Our country has been down-graded to one of murderers and thieves. It’s a sad day for us all. God help us all. – Jerome Beukes

Dat Okahandja ‘n klomp swart plastieksambokke maak vir skole en gevangenisse en bring lyfstrafdissipline terug. Dit het in die verlede te wonderlik gewerk en niemand is op sy boude doodgeslaan nie. – Gideon Kotze

Dis hartseer. . . Morele waardes is so nodig in ons land. – Derick en Sanet Vermeulen

Ja wat, dis omdat die kinders nie respek het vir niemand nie. Jy kan nie die ouers skuld gee nie, hulle moet vasgevat word. – Tasha Nadia

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!