Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Hoë boer 18 jaar sonder om sent te betaal”:

Dit is darem maar lekker om die regte konneksies te hê. As dit ek was, het hulle my lankal van die plaas afgeboender. Die "hoë boer", as gevolg van sy voorheen-benadeelde status, word van gronbelasting vrygestel en besluit toe sommer op sy eie om homself van paaimente ook vry te stel. A luta continua . . . – Johan Beyers

Ek verstaan ook nie die vyftien jaar nie. Seker maar soos Orwel skryf: "All animals are equal under the law, but some animals are more equal than others." Vergeet van korrupsie, die regering is krimineel en niemand doen iets daaraan nie. – Chris Beyers

Alles kom aan die lig. – Dalene de Villiers

“Agt vermeende beesslagters vandag in hof”:

Krismisvleis. – Hannes Swanepoel

Die vraag is hoeveel van die skelms gaan ná vandag se hof weer in die straat rondloop. – Piet Pens Oelofse

Seker vanoggend hof toe, klein bedrag borg en reeds op pad om nog te gaan haal. – Leon Coetzee

Die strawwe is te lig vir hierdie diewe. – Lilian Blaauw

Dis nou krismis en nuwejaar se vleis wat bymekaar gemaak word. Daai toegangsroetes moet fyn dopgehou word. – Japie de Jager

Nou begin die groot stelery. As die boer by die see sit, is sy bees besig om geslag te word. – Bloubul Wilhelm

Dis so sad! Seker moet jy ma jou bees saamvat see toe!! Oggg. – Nadia Swartbooi

Ja nee, dis hoekom ons maar op plaas bly. – Amanda Fest-Visser

Vleis meer werd as die bakkie. – Boy Vollgraaff

Video – LGBT-optog:

Goeie genade mense. Asseblief, hou op met julle lelike kommentaar. Los tog mense dat hul hul lewens lewe soos hulle wil. Daar is so baie erger goed wat aangaan in vandag se tyd, en julle sal nog wragtig 'n bohaai opskop, want 'n vrou besluit om 'n vrou lief te hê, of andersom. Flippen hel, dis geen wonder kinders en almal is deesdae so depressief en vol haat nie. Kan ons tog nie net mekaar lief hê en op ons eie lewens konsentreer nie. – Werner de Villiers Punzul

Baie dankie Republikein vir positiewe media vir die LGBTI+ gemeenskap van Namibië. – Aedin Mohrmann

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!