Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Namibië onttrek uit Curriebeker:



Dis 'n ramp. – Santie O'Connell



Dis 'n groot ramp & baie hartseer. – Margaret Smit



Saru maak rugby in die kleiner unies dood. Namibië se rugby ly ook nou daaronder. Geldkrane na kleiner unies gesny om Kings en Cheetahs se spelery in Europa te akkommodeer. Saru hoef nie Namibiese rugby te ondersteun nie. Dit is tog lekker vir 'n speler van die kleiner unies in SA om te reis en teen ander spanne te speel. Saru moet die SA unies help met reiskoste. Dit was vir my as amateurspeler 'n helse hoogtepunt om te vlieg Windhoek toe en op Suidwes-stadion te speel. Is u bewus daarvan dat die Luiperds nie geld het om in Port Elizabeth en Oos-Londen te gaan speel nie? Die effek is dat die liga inmekaar stort. By ons syfer dit klaar deur na klubrugby. Als stort in duie. – Dawie de Jager Snr.



Sou ek verkeerd wees om te vra hoekom die trots van Nam sport nogsteeds moet ly onder finansiële kwessies? Is dit nie die regering se plig om in te gryp nie? Plig in die sin dat hierdie span vir die 6de keer in 'n ry vir die Wêreldbeker kwalifiseer, ten spyte van die feit dat ons teen professionele spelers moet meeding. Ons het hierdie wedstryde tog so nodig om ons doelwit te haal wat ons wil bereik by Wêreldbeker 2019. Help gerus reg as ek verkeerd is. – Carl van der Merwe



Ek stem Carl, hierdie is vir my 'n tragedie. Voel vir my of die groter prentjie uit die oog verloor word. – Dawie de Jager Snr.



En ek haal diep asem. . . Maar in die einde bly ons Biltongboere erg trots. Ons gaan World Cup toe. – Graham Gramowsky



Bad news, but maybe we could use the funds to get assistance from specialists to start prepping for the World Cup. But playing ZA teams would have been nice to prep as well. – Fritz Kaoseb



Kabinet keur heffing op plastiek­sakke goed:



Ag, dis net nog 'n manier vir die regering om geld te maak, dis maar al. As hulle ernstig is, begin by skole. In Japan lê daar niks sakke rond nie, want hul mense hou by die reëls. Hulle betaal ook nie vir sakke by tille nie. Suid-Afrika betaal al baie jare vir sakke, maar kyk hoe vuil en vol sakke is dit nog steeds. . . – Glen Farmer



I sometimes wonder if it is the plastic bag or us as humans. If we educate people about plastic our conception might change. I hate plastic in any shape and form and a few months ago I started to clean a small piece along the tar road next to our farm. We placed some drums and I have to say the plastic I collect are getting less and less. Maybe we must all just create awareness wherever we go. Every-time I go to the beach I take a black bag with me, and trust me – people see and at one stage people joined in. Maybe it is a thing of one day at a time to save our planet. – Tania Mueller



Hoop nie ons moet nou bruinpapiersakke gebruik nie, dink net aan al die bome - sal ander plan moet maak. Die plastiekpropaganda is oordrewe - sal meer huiswerk moet doen, is meer geval van mensdom wat die oorsaak is, en om sekere markte te reguleer, en dis 'n mediafoefie. – Risa Voges



Asof dit nou die probleem sal oplos! Dis darem al 'n stap in die regte rigting. Voed die mense op. Dis waar die probleem lê! – Stephan van Heerden



Hoog tyd dat iemand iets aan die spul plastiek begin doen. Hoop net iemand begin iets doen aan die polistireenverpakkings ook. Dit het 'n erger besoedelingsrisiko as plastiek. – Johan Beyers



Dink dit werk in Kaap. Sien nie meer plastieksakke wat rond waai en aan drade en bome vas gewaai is nie. – Stephney van Niekerk



Maar dit sal keer dat ons nog armer word deur besoedeling en plastiek wat jare vat om te verweer. As jou omgewing daarmee heen is, help al die geld in die wêreld niks. – Sandra Coetzee Steenkamp



Gebruik ou jeans, hemde, T-shirts en maak jou eie inkopiesakke. Kos jou feitlik niks, dis sterker as plastiek en as dit op is, gebruik dit as vloerlappe. Jy kan nie armer word daarvan nie. – Cornel Steenkamp Thalwitzer



Tog - dit maak 'n verskil, al is dit hoe klein. In SA is mense baie meer bewus van plastiekbesoedeling. – Denise van Bergen



Dit moet heeltemal verbied word. – Sansie Henn



Uiteindelik!!!!!! – Potgieter Dirk en Jurita



Ek dink nie plastieksakke is 'n probleem nie. Die mense is slorderig. Dankie b'ja. – Otto Gariseb

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!