Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Nog van die boodskappe van medelye met die heengaan van Dehan de Wet:

Jul pragtige seun het verseker baie harte geraak! Dit is so mooi dat jul steeds wonderwerke raak sien in die hartseer tyd. Mag Hy jul gesin troos en baie seën! Ons bid vir julle. – Chantel Verster

What a wonderful nation we have. The unity is amazing. – Juanita van der Westhuizen

Louw de Wet, soos ek jou woorde lees, stroom my trane oor my wange! Jy is ‘n pa duisend en werklik ‘n man van God. Mag die Here julle deur hierdie tyd dra. Baie sterkte vir jou en jou familie! – Evadnè Chandre Izaaks

Wat ‘n pragtige getuigskrif vir jou geloof, na so ‘n tragedie. Ek bid vir julle. Jou seun dans nou met my pa. Altyd in ons gedagtes. – Di-Di Nel

Sjoe, ek’t nie woorde nie. Jammer dat jy jou seun moes opoffer. Ek bid net dat indien ek so 'n kruis sou moes opneem dat ek soos jy, steeds God sal verheerlik. Ek huil onbeskaamd as ek hierdie berig lees en ook jou woorde. Dit raak my siel. Jy is waarlik 'n man van God. Ek Loof die Here vir mense soos jy want vanaand tel ek weereens my "blessings" en is opnuut dankbaar. Ek lê julle by die voete van Jesus en bid dat God julle dra in die verlangende oomblikke wat voorlê. – Charlene Louw

So hartseer. Ons is ook in Elisenheim en ons seuntjie is 15 maande. Ek lees oor julle liefielyf en my hart brand as ek my kinders in hulle bedjie sit. Ek kan nie help dink hoe dit dalk ons kon wees nie en hoe die beker ons verby is. Jy is ‘n inspirasie in jou geloof en die Here eer jou vir sy naam verheerlik. Ons dink en bid vir jou en jou gesin. Alle sterkte. Ons vertrou God se plan. – Elzaan Knoetze Nel

Pappa en mamma en boetie De Wet, al wat ek kan sê is ek plaas jul in ons kosbare Jesus se arms. Ek pleit dat Jesus jul sal versterk. Ek weet soos jy hier al die dapper woorde skryf skree dit binne jou van pyn. Julle harte pyn, maar mag ons almagtige God jul vertroos. Sterkte. My hart is by julle. – Sand’s Silver

Aai, my moederhart is so seer vir sy ouers. Ons sal vir hulle bid net soos ons vir jou gebid het. Jy het nou jou engelvlerke gekry. Vlieg vry en slaap sag dapper vegtertjie. Ons lê jou ouers by Jesus se voete. – Johanna Kalondo

Ons bid ook as kollegas by ander skole dat Jesus julle sterk sal maak om die seer saam te kan dra. – Jeannie Morkel

Hy het ons harte gesteel met sy dapperheid. Die Engele daarbo het 'n klein diamantjie vandag gekry. Sterkte aan Mamma, Pappa en familie. God sal julle trane afdroog en julle toevou met Sy liefde. Namibië huil saam met julle. God seën. – Catherine Mercy Ochs

May the spirit of the Lord be your comforter during this hard times. U are in my prayers. – Waneé Nakeye Abraham

My deepest heartfelt sympathy with you and your family. May God’s mercy bring you the inner peace and comfort that you so desperately seek now. I did not know Dehan personally but he certainly was a little fighter with great inner strength. Please take a small amount of comfort in knowing that his death has brought thousands of strangers together in faith and glory of our Almighty God. May he rest softly in the arms of the angels. – Heidie Fogwill

Dehan se kort lewetjie het so baie van ons harte geraak. Geleer om hande te vat en saam te bid. – Marie Beukes

Rest in peace brave fighter. Our condolences to the parents, may God be your comforter. – Tinus Nainda

Dit is ‘n diepste seer. Ek is ‘n ouma van ‘n kleinkind wat dieselfde oorgekom het in die Karoo. Die skok is so groot en die gemis. Sy was ook twee jaar oud. Julle bly in ons gebede. Die Vader is in beheer en hy weet, so sterkte aan die familie, veral die pappa en mamma. – Fienie Beukes

Sonder dat ek jou ooit hoor lag het, het jy diep in hierdie juffrou se hart geklim liefkind. Ek glo jy lag en huppel nou in Vader God se tuin sonder enige pyn, Dehan. Rus in vrede. Baie liefde en vrede vir Mamma, Pappa, Boetie, Oupa en Ouma! – Liezl Hohne

Rus in Vrede Dehan, die Here het jou nodiger gehad om in sy tuin te pryk. Jou aardse lyding is nou verby. – Antoinette Bouwer

Jul seun het my hart diep geraak toe die eerste versoek vir gebed gekom het. Dis hartseer, maar om te sien hoeveel lewens en harte Jesus deur hom aangeraak het, is fenominaal. Ek bid dat die Vader julle hierdeur sal dra en die Heilige Gees jul Trooster sal wees, vandag en elke dag vorentoe. Vir almal daar buite, kom ons vat hande en wees een groot familie in Christus. Nou en altyd! – Juliana Quintal

Rus sag klein vegtertjie. Jy is die pragtigste engeltjie in jou Vader se huis. My heartfelt condolences to the entire family. – Dietmara Mokaleng

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!