Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“'Barbaarse' olifantjag skaad Namibië se beeld”:



Ek is nie 'n jagter nie en dit is nooit lekker om te sien as 'n dier geskiet word nie, MAAR regerings regoor Afrika ken konsessies, permitte en lisensies toe aan jagters om wild te bestuur. Ek is ook seker dat deur ­jagte gekontroleerd toe te pas deur jagters in die bewaringsgebiede te hê, jy daardeur baie onwettige ­jagters uit die bewaringsgebiede hou. Ek is oortuig dat alle permitte en toestemmings in plek was toe hierdie jag plaasgevind het. Ek haal my hoed vir die jaggids af wat eerstens nie met 'n Cruiser op die diere ingejaag het om die trofee te jag nie, soos wat baie tydens jagte gebeur. Tweedens: toe die trop lewensgevaarlik op hulle afstorm het die jaggids sy medejagters en of assistente beveel om te hardloop vir hulle lewens terwyl hy gewag het om die gevaar af te keer. Hy kon opdrag gegee het om, of self die aanstormende diere ook geskiet het. Soos 'n goeie jaggids volgens my mening, het hy eerstens die ander jagters se veiligheid verseker en tweedens was hy tevrede met die trofee wat reeds gejag is en het hy verseker dat daar nie nog diere geskiet word nie. Wat sê die jagters? Ek besef jag is nie almal se koppie tee nie. – Henk Cloete



Permit of nie, is dit eties om so te jag? – Bertus Strauss



Daar word nou weer 'n berg van 'n molshoop gemaak. – Pieter van Vuuren



Hierdie tipe van goed stel ons land in 'n verleentheid. Hoekom moet dit so gedoen word? – Lilian Blaauw



Ek sal graag 'n video (van enige jag) wil sien wat nie “barbaars” voorkom nie, gesien uit 'n anti-jagter se oogpunt. . . – Izak J Grobbelaar



Snaaks hoedat die wêreld, die media en die minister reageer oor 'n, soos ek dit reg lees, gekontroleerde ­olifantjag reeds 3 of 4 jaar terug.

Ek meen, die jag kan nie ­professioneel geskied sonder dat daar aan al die wetlike vereiste voldoen word en 'n geldige permit uitgereik is nie. En wie ken dit toe? Ek stem, almal wil nie 'n jag of afmaai van diere op film aanskou nie, hou dit vir jouself. Dus, wat my aanbetref, is die filmmaker en verspreider daarvan die ­sondebok. Geen haan sou hieroor gekraai het nie (4 jaar later). Netso kraai geen haan oor die vieslike barbaarse mensmoorde, verkragtings, selfs babatjies en buitelandse toeriste wat seergemaak word. Die sondebok is wapens en solank wapens bestaan, gaan hierdie goed geskied, en wie gaan nou wapens verbied? En o ja, sosiale media stel alles bloot. 30 en 40 jaar terug het jy die goed net in storieboeke gelees, as jy dit wou lees. Mag ek my hondjie wat ly en sy lewensjare uitgedien het, laat uitsit? Ek hou dit vir myself. – Joubert van Niekerk



Asb, moenie alle Namibiërs oor dieselfde kam skeer nie. – Juliana van der Westhuizen



“Windhoek, die Bucht spog met wêreldkampioene”:



Die Bucht maak moeg. – Manfrid Victor

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!