Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
"Fishrot-duo betaal plaaslening"

Sjoe, dit laat 'n mens wonder. Mag die Here in hierdie saak inkom en elke bedrog en korrupsie openbaar en laat reg en geregtigheid geskied. Hulle steel die land bankrot en dink God sien nie, dink God slaap. Nee wat, ‘n gewone landsburger moet boet vir hul dade en by God gaan niks ongesiens verby nie. - Marina Bester

If I steal $1 I go to prison for 10 years. Law in Namibia sucks. - Manfred Janisch

Wat het hulle as collateral aangebied teen die lening? Howe moes al reeds al hul bates gevries het terwyl die saak hangend is, maar dis omdat hulle weet hulle gaan scot free vd saak afkom, dis hoekom hulle betaal. Hulle sal tien teen een met 'n boete wegkom. Ons justice sisteem is verrot. - Brutal Pristine

En net anderdag het hulle gekla hulle families dood van die honger, want hulle het nie meer geld nie. Waar kom die geld nou vandaan? - Gert Kruger

Og man, daar is darem baie vrot appels in Swapo se geledere! Ons moet tog asb. van Swapo ontslae raak! Hulle verdien nie om ons mooi land te regeer nie! - Anita Maier

Eish, die manne bly maar magtig... Ja nee, want netnou praat hulle, so they are being treated cool by they regime! - Collin Joseph

Hoekom ‘n lening aangaan en rente betaal as jy die geld het iewers? Die bron van die fondse moet verklaar en ondersoek word. Hul bates moet gevries word hangende uitspraak! - Izak Smit

Die Fishrot-geld loop nog oop! Die manne regeer nog lekker. So ‘n lieflike ‘sponsor’ van die regering kom so handig te pas. - Belinda Blaauw Wessels

HAGELOULOU!!! WIFY!!! En die bank aanvaar geld van wie en wat? Bank moet oop wees en sê waarvan sulke deposits gemaak is. Wat het geword van as jy meer as N$5 000 deposit volgens FICA? - Corinne Poulton

Ek sal kan doen met ‘n miljoen! - Estie D'auth Nolte

So by my kool, die groot vis sit nog buite en lag. - Lilian Blaauw

Dankie manne vir die payment. Nou kan my rum party voortgaan daar op die plaas! Julle manne moet nie so maak nie, amper moes ek op die nippertjie ‘n ander venue gesoek het. Sal 2 yskoues op julle drink daar binne. - Warren Fraser

Sirkus. Hulle loop nog voor Kersfees. Party mense is maar net meer gelukkig as die ander. - Mundi Labuschagne

Los die manne, ek sien hulle boer nog sterk. So daar is ‘n goeie inkomste. - Kobus Vermeulen

Property purchased with stolen money doesn't make the property yours. All assets have to be seized and sold to recover the stolen funds. Belaglik. - Tanya van der Walt

Ek sal nooit solank ek nog lewe vir Swapo stem nie, want hulle is van die begin af oneerlik met die land se burgers. Ek sal nie verbaas wees as daai manne borgtog kry nie. - Sagarias Gaeseb

Are their accounts unfrozen now? - Anja van Neel

Waar de A;SLDKFJ;ASLIOPEFL;SIA kry hulle die geld!? Ek dog alles is gevries en hulle familie vrek glo van die honger! - Carina Human Van Zyl

Shouldn't all their money and accounts be frozen under these circumstances? - Victor von Alten

Nou gaan julle dan nie tronk toe nie? Ek dink dan julle sal boet soos enige ander skuldige. Hoekom die plaas wil red as julle moet tronk toe? - Nicolene Beeth Kautjituavi

Nou lê beslag op die eiendom dat die geld terugkom in ons staatskas. Dis mos 'n bewys hulle het geld iewers versteek en iemand het toegang tot dit. - Lilian Blaauw

Hene dis lekker as jy "fondse" het wat gereed is om sommer gou die ou probleempie op te los. - Elizebeth Van Druten

Hulle geld is in daai plek gebêre, lees tussen die lyne. - Wa Rossouw

Seker oorgeplaas vanaf Dubai. - Werner Bachmann

Og, ek wens ek het 11 miljoen gehad vandag. - Elmarie Scheepers

Die manne dalla flat. - Maruis van Wyk

Al wat ek weet daai ouens het special rooms met TV. Alle gerief in daai tronk. - Bernadine Gertze

“Namibië is gereed vir internasionale toeriste”:

Mnr. Zurab en sy vrou het langs my gesit Sondagmiddag in ekonomiese klas van Johannesburg na Windhoek terwyl al die besigheidsklas sitplekke leeg was. – Marlize Horn

“Staatshuis met klippe verfraai”:

N$350 000... Belaglik. – Hannelie Saunderson

350 duisend waarmee hulle ‘n sopkombuis, skenkings aan die kinderhuis of staatshospital kon maak of renovation kon begin het. Regtig, dan wonder Swapo hoekom hulle votes verloor. Daai held is ook weer seker in ‘n broer se sak in. Dit sal net nie ophou nie. = Jacques Hurter



Ek ry elke dag daar verby. Dis net 2 manne wat dit met 'n kruiwa doen. – Ilse Strydom



Ek wil ook so bietjie verfraaigoedjies hê, verfraaiïngs vir ons almal. Dan antwoord hul: we heard you.. Lekker Namibia, lekker. – Oom Charl T Theron

We heard you for 30 years. But still. Same trend. – Ivan Knittle

Kon die geld liewers nie beter bestee wees nie? In die tyd wat ons land so 'n groot nood het, is mooi gepakte klippe rêrig bo-aan die lys van verantwoordlikehede? Iemand verduidelik die logika. Ek verstaan nie. – Eliouse Julius-Boys

Letterlik en figuurlik moet ons maar klippe kou. – Frances Heydenrych

Ek nooi die president uit om die staat se psigiatriese hospitaal te besoek asb. en gaan kyk hoe dit daar lyk. Dan sal hy nie vir klippe soveel geld uitgee nie en dit liewer daar reggemaak vir die arme mense. – Catherina Young

Die regering raak nooit moeg om belastinggeld op onsinnighede uit te gee nie. – Pieter Brand

Hage staan buite die deur met sy oggendkoffie en dink: "Hierdie plek kort iets nuut!" Terwyl die land doodgaan van die honger, koop hy klippe. – Bernize Gregory

Okay. Okay. Dis reg dat hulle dit gedoen het. Maar is die geld na 'n Namibiese maatskappy toe, of na een of ander Chinees toe? – Melanie Pitsch

Namibiër het die kontrak gekry om dit te doen. – Analia Lombard

Ek wil asb. my bankrekening “verfraai” deur nie meer tax te betaal nie. – Trudi Hüsselmann

Ek ook!!! – Priscilla Walters

Ek wens die klippe verander oornag in brode dan kan die diewe dit mos gaan steel Dan het hulle mos darm brood om te eet. – Hildegard Jansen

Those who live in glass houses should not throw stones… Now this one packs them on the sidewalk, so the stone throwing populace don't have to bring their own stones when they throw stones. Kindness. Eish. – Arimo Tozuka

Hoop daardie klippe kan mense se mae volmaak op ‘n stadium. – Madelein Maritz

38 mense kon vir 'n jaar lank elke maand N$750 elk ontvang het met daardie geld. – Lynette van Zyl

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!