Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Honderde lesers het gister oor verkiesingskwessies saamgesels . . .



Ek is trots op Eros-stempunt. Ons is goed en regverdig behandel. Beamptes was streng en regverdig.

– Petro Louise Viljoen



Het by IUM gaan stem. Van 8 vm en eers 13:25 klaar. Geen skadu. Rye was nie lank, maar die proses was baie treurig. Maar net dankbaar ek is klaar. – Gavin Robinson



Ons het in Swakopmund by die munisipaliteit gestem, so om en by 2 ure in die ry gestaan, die atmosfeer was gemaklik en die beamptes vriendelik en deeglik ingelig.

– Berenice Janser



The polling stations take about 4 to 5 minutes per voter. Thus 12 to 15 voters per hour. Each station can therefore handle only about 210 voters for the whole day. If we can distribute voters evenly, we need about 6,190 polling stations to cater for all voters. We only have 1,410 fixed polling stations and 2,831 mobile stations. It is therefore not possible for all Namibians to vote, by design of the ECN. I wish to research this further, but the ECN website is down. Also getting reports that the EVMs regularly lose power, and then have to reboot. Nobody knows what happens with the past votes when a machine reboots. Lets face it. This is a mess. – Eben de Klerk



Ons het by Baines gestem, en dit was aaklig! Ons het omtrent 5 ure gestaan in totaal. Ons het vroeg daar aangekom en in die ry gaan staan. Na 'n uur in die ry wat nie beweeg het nie, het ons ondersoek ingestel en agtergekom daar is 3 verskillende rye. Later het hulle 'n vierde ry gemaak. Ons is toe deur 'n polisiebeampte uit die ry gehaal en 'n nommer gegee. Hy het ons aan die ander kant van die ­sentrum laat staan en hier moes ons vir langer as 2 ure wag. Dit is toe wat ons ons ­geduld verloor het, want toe daag daar mense op wat beweer die masjien werk nie. Toe het ander ECN officials aangekom en die chaos probeer uitsorteer. Hulle het toe weer almal in een ry laat staan, en ons moes in ons hoekie staan en wag. Toe ons na 4 ure se staan begin kla (in kwaai en harde stemme natuurlik) het die taakmag opgedaag. Hulle het bitter vinnig die chaos reggestel en ons is toegelaat om te stem. Dit is die eerste keer wat ek sien dat ECN en polisiebeamptes mense se demokratise reg hinder by 'n stembus. Daar beter na hierdie oggend 'n groot verandering kom. Een ding kan ek vir seker sê, Namibiërs het genoeg gehad. Alle rasse, alle ouderdomme, ons is nou goed g@$vol. – Karis Lüdik



By Mariental Hospitaal gestem, 4 ure in die warm son gestaan.

– Onelle Steenkamp



Ek het in Outjo gestem, alles het glad verloop, vriendelik – stemproses binne 5 min. klaar. – Anita Bester



Drove to Aris. In cue for about an hour but was moving quite quickly. All rows in Olympia very long! Also some polling stations opened an hour or more late or didn't have all the machines. – Nicola Steyl



Polinium se deure het eers 07:35 oopgemaak. Masjiene het gebiep. blykbaar was dit getoets. Ry het baie stadig beweeg. Ons stem een keer in 5 jaar, hulle kon beter beplan het, want ou mense moes staan en son is warm. – Desire Kolz



By JTL Beukes Primêre Skool in Rhb gestem. Baie mooi gegaan, daar ook nie so baie mense en dit was goed.

– Mayron Cloete



Ek het in Karibib by die Council gaan stem. Dit het vlot verloop, maar die stemhokke was vreeslik swak belig! By die huis aangekom, het ek binne 3 sekondes die geel "verf" op my vingers, en die donker inkkol op my duimnael met thick bleach afgewas! In 2014 kon ek nie die inkkol afgekry het nie. Hierdie realiteit het my vreeslik gepla, en ek is 'n paar ure later terug Council toe en het vir die mense my concern verduidelik en vriendelik aangedring om my hande weer onder die blou lig te sit. Ons kon niks meer sien van die inkkol op die nael nie, maar die top-, wit gedeelte van die vingernaels (daai wat ons mos knip), het so 'n ligte geel glow in the dark color gewys, so ek was okay, maar ek wonder nou wat as mens jou naels kort kort kort, tot op die vleis so to speak, afsny? En wat is dan ook actually die meaning van die ink op ons duimnael as dit nie hou nie? – Sonja du Toit Isaaks



Ondundu Primary School, Tsumeb. Het 3 & 'n half uur gewag. Daar was stoele, baie skaduwee & die lekkerste gesels met almal wat saam wag. Wonderlike positiewe atmosfeer. Die beamptes was so vriendelik & behulpsaam. – Hannelie Potgieter



Hentiesbaai staatskool plus minus 10 minute, beamptes baie vriendelik! – Bettie Immelman



Kamanjab - Alles is stil, stemmig en rustig. Stempunte goed beman. Geen probleme nie, alles verloop goed. Kamanjab groete – Jumbo Marais



Op Finkenstein probeer om te stem, scanner werk nie, geen polisie om te verseker dat mense in een ry staan. Die ry was nie lank nie, maar na 2 ure en net 5 meter se vordering kom ons agter elke persoon voor ons hou 'n plek vir ten minste 5 ander mense? Dit het 5 minute per persoon gevat om te stem. Ek soek maar 'n ander plek om te stem. Mense sal seker nog 4 ure staan om te stem. Belaglik! – Carola Raad

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!