Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Hulp vir die Swartz-familie:



God seën elke hand wat gegee het. – Jessica Amon



Trots staan ek vanaand om te kan sê ek is 'n Namibiër. Saam sal ons 'n verskil maak. Dankie almal. En dan die Here vir die van ons wat kan help. – Mari Jonk



Namibië het pragmense, sowaar. Ons harte is oop. God seën elkeen van u. – Joshua Malan



Die enigste verskil tussen jou en die man op straat is dat jy meer geleenthede gehad het in die lewe as hulle. Ek haal my hoed af vir die oupa om te sorg dat die kinders skool toe gaan, want hy weet dit is 'n kans vir elke kind se toekoms. Well done Oupa! Jy kan iets hieruit leer. – Theresa Greeff



My oë va'môre in trane toe ek koerant lees. – Marianne Valdez Abrahams



Ons moet mense help, nie omdat ons hulle jammer kry nie, maar omdat ons beweeg word deur liefde. – Shimon Cohen



En dan kry jy nog die ondankbare kinders wat niks waardeer wat hulle het nie. Hoop hulle lees dit. – Suzaira Rivelle Kordom



Baie dankie Namibiërs vir al die hulp aangebied. Oupa Jacobus se nommer is 081 703 9492 en ouma Katrina s'n is 081 428 1793. – Republikein



“Misverstand glo rede vir onwettige houtoeste”:



We have been complaining and fighting for years now and only now you come forward and say it was a misunderstanding. This is utter rubbish and you know it. – Tim Theron



Misverstand! Die hele publiek misverstaan die regering al die afgelope 29 + jare. – Joubert van Niekerk



By the way, in 2016 cabinet endorsed the Zambezi Integrated Regional Land Use Plan (IRLUP) that strongly advises against tobacco and any clearance of State Forest. Really, oops, let's misunderstand that one too! – Volker Schiller



Baie misverstande nou al. – Nella Smith



Hoe word duisende beskermde bome afgekap en die land uitgevat net op 'n misverstand? Dis nie 'n freaken sakkie hout nie. Dis trokke vol bome. – Tariena van Rensburg



Iemand, beslis nie 'n Namibiër nie, het geldelik baie baat gevind by hierdie sogenaamde "misverstand". – Johan Beyers



Hoe lank sal die misverstand kan duur, wonder ek. – Denise Uys Schoeman



Why did Sacky Shangala not clear the misunderstanding a few years ago? – Gideon Kotze



As die agbare minister 'n misverstand gehad het oor die lees van die wette, hoekom het hy nie mense geraadpleeg om hom die wet te verduidelik nie? – Willem Hyman



Dis jammer dat die misverstand nie die bome sal terugbring nie. – ­Annelie Krüger



Misverstande op ministeriele vlak is uit soos perdry in die middernag op Kalkrand terwyl dit ryp op Aranos. – Gielie Lambrechts



Die soustrein hardloop op ligte "mistykies" en "misverstande". Also known as a Range Rover called "Misverstand". . . – Daniel Claasen



Ontsettend baie misverstande deesdae. – Berda le Riche



“Vermeende renosterstropers se borgtog toegestaan”:



Liewe regering en wette van Namibië, jul is besig om ons land se naam weg te gooi hiermee! Regtig? Nee, nee, nee! Namibië is veronderstel om 'n voorbeeld te wees vir ander lande en nou dit. Teleurgesteld verby! – Elize Frauendorf Bruwer



Is hul ook nou kroonwild dat hul nie hoef te sit nie? – Remona van Litzenborgh



En daar gaan hulle . . . Weg vir altyd. Hulle sal nie stop nie. Wat is 10 000 nou. Niks teen dit wat hulle vir daai horings kry nie. So wie se plase is volgende? – Hermien Vermeulen



En dis die boodskap wat aan aspirant poachers gegee word: “Come in guys, the water is fine”. – Izak Smit

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!