Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Akani Phuzi klop Willbeforce Shihepo met punte:

Mooi bru, jy het jou man gestaan teen die 25-jarige man. Hulle het gedink jy sali 12 rondes maak. – Henry Breker van Wyk

“Kahimise kap kwaai terug”:

I like this Kahimise. Tenacious amid political persecution. And humble enough to courageously call out arrogant civil servants in City of Windhoek administration! – Franco Klukowski

“Geen hondelewe vir Heinzi meer”:

Dit is pragtig. Wonderlik geseënd sal die eienaars wees vir die pragtig gebaar om uit te reik na ‘n weerlose hondjie. Glo en vertrou dat die hondjie ook hemel op aarde sal geniet met tonne liefde en drukkies. – Riaan Mare

Liefde xxx is die belangrikste ding in vandag se lewe. – Desme Silver

Ai jinne tog, hondjies kruip diep in 'n mens se hart in, weet julle. – Namaqua Daisy Links

Lekker gehuil oor Heinzi se storie. Baie bly vir hom. Dankie vir die mooi storie. – Sanette Retief Visser

Dankie vir Heinzi se storie. – Tierschutzverein Swakopmund (SPCA)

“Boere, NDF glo slaags oor weiding”:

So hartseer dat mense nie kan saamstaan in 'n oomblik van nood. – Brigitte Thaumuller

Ek wil nie eens na die foto kyk nie. Dis so hartseerlik om diere (wat hulle self nie kan help nie) in daai toestand te sien, dan baklei daais wat oë en verstand het (om die diere te kan help) met daais wat die diere wil help. – Bernadette Gaeses

Kan iemand my inlig. Ek voel dom, ek verstaan nie, help my net reg.

Wie lees almal hierdie kommentare? Lees die geagte president dit ook? My stadige verstandtjie sê vir my "nope", hy lees nie. Die ouens wat die dinge moet lees en aanhoor, hulle lees nie hoe mense in opstand kom op FB. Hulle weet nie van ons mense se magteloosheid nie, want hulle lees nie die besware nie.

Sê my, ek wil weet, almal wil weet, ons almal weet van die droogtehulpskenkings. Dis klomp geld, almal wat deur droogte getyster word kan mildelik daaruit gehelp word.

Waar is die geld? Hoekom lyk die diere so? Hekom moet mense mekaar slaan en seermaak en mekaar vermoor, uit frustrasie en moedeloosheid oor hul diere wat so lyk oor kos en water vir hul diere.

Waar is die geld wat geskenk is? Dis ‘n billike opregte vraag, wat net ‘n eerlike en opregte antwoord wil geniet.

Nie nodig om kwaad te word nie. Dis ‘n vreedsame vraag wat ‘n vreedsame antwoord soek.

Wees ‘n slag broers vir mekaar, wat lief is vir mekaar. Begrawe die haat, liefdeloosheid en jaloesie. En werk saam en maak Namibië ‘n beter plek. - Delores Lola van Wyk

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!