Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Vegtertjie verloor stryd”:



Verskriklik hartseer! Mens kan niks sê wat die pyn sal wegvat, maar weet dat die Here jul sal vertroos in hierdie swaar tyd van hartseer. Julle is in my gebede. Baie sterkte aan die gesin en familie van klein Dehan. – Yvette Theunissen du Plooy



Rus sag liefiekind, jy het ons almal se ­lewens geraak met jou dapperheid. Nou gaan jy saam al die ­Engele daarbo juig, huppel en speel, en ek kry die visie van jou waar jy staan en ­iemand kielie jou neusie met een van hierdie bolletjies wat as jy dit blaas dan waai die saadjies weg, en waar ek hoor hoe giggel jy uit jou magie uit. – Wilma Olivier Engels



Al die boodskappe is so mooi. In tye van meegevoel kom ons nader aan mekaar en ondersteun ons mekaar. Dit is hoe dit moet wees. Sterkte en innige simpatie. – Johan Stander



“Bekende in rugbykringe op plaas vermoor”:



Ai nee tog, regtig onnodig, iets sal dringend aan kriminele in die land gedoen moet word. – Sluipstap Pretorius



R.I.P. Henry. So hartseer. . . 2 maande gelede so lekker by julle gaan kuier op die plaas. Mag die Heer jou krag gee in hierdie tyd, Baby. Kinders en alle vriende en familie, ons bid vir julle sterkte toe in hierdie tyd. – Marien Boc



Oom Hen, ons gaan jou mis. Jy laat 'n groot gat in die rugbykring. Alle sterkte. – James Kisting



“Geweldenaars, wanbetalers gaan boet”:



Die vraag bly steeds wat as 'n kind by die pa bly en 'n ma niks bydra nie, maar in weelde lewe en eiendomme besit. Hoop daar gaan na beide kante gekyk word. Wat as so 'n kind 18 is en 'n ma weier steeds en so 'n kind kan nie gaan studeer nie? Waarom moet 'n pa alleen na 'n kind omsien as daar 2 ouers is en hoekom word slegs 'n pa gesien as 'n wanbetaler? Hoekom moet 'n kind van 'n toekoms ontneem word omdat een of beide partye maar net nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Geen kind het gekies om daar te wees nie en daarom moet hulle ­beskerm word. Ek hoor graag van die spesialiste. . . Gaan dit nie eerste oor die kind en dan die ouers nie? Hoekom altyd groot gedinge en baie kostes om daarby uit te kom? ­Hoekom kan wette nie 'n kind beskerm om deur beide ouers ­bygestaan te word om 'n sukses te maak van hul lewe as beide wel 'n inkomste verdien nie? – Charles Lowe



Waar kan ons ouers rapporteer wat nie hulle kinders in skool sit nie en sommer net by 'n koshuis gaan oplaai en uit die skool haal – geen rede en skool, koshuisgeld was klaar betaal deur werkgewer wie se diens hulle sonder rede verlaat het. – Amanda Fest-Visser

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!