Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
"Egbreuk nie onregmatig, sê hof":

So dit gee enige persoon die reg om maar te kom vat wat nie aan hom of haar behoort nie, ongeag die skade wat dit aan ander rig, skade wat nooit weer herstel nie? Met ander woorde, steel maar, dis jou reg. - Lien le Grange

Waterkrisis by skool:

Ons het vanaf Maandag laasweek geen water by die skool gehad. Ons onnies het later elke dag 'n 5 liter-kan soggens van die huis gebring om ons toilette te spoel. Vrydag was daar nog steeds nie water nie, so ek hoop ons het môre (Maandag) water! En die munisipaliteit verhoog water met 10%. Die 5% verhoging gaan niks help nie. - Christa Delport

Onderwyser wil staak:

Hoekom moet die wat die belangrikste is altyd agter in die lyn staan. En daar word van hulle die meeste verwag. Onderwysers is mos nie slawe nie. Liewe magtig regering, word net wakker. - Chris Liebenberg

So moet onderwysers ook altyd net aan die kortste ent trek! Die regering kan hulle skaam! 5% is 'n klap in die gesig! - Celeste Coetzee

Hul moet net strike, lat die Govt bietjie ander deuntjie sing. - Madeleine Titus

Is u in die onderwys om sulke negatiewe uitlatings te maak? Het u al 'n kwartaal lank in 'n onderwyser se skoene gestap? Het u al in 'n klas van 36 se ogies gekyk en die grootsheid van die taak aan u opgelê besef, meestal sonder enige hulp van ouers en soms word onder haglike omstandighede klas gegee. Onderwysers werk met u wat negatiewe aanmerkings teenoor onderwysers maak se kinders. Hoe moet die kinders dan respek hê vir hul juffrou of meneer? Dink mooi wat onderwysers als doen. - Dalene Steyn Kruger

Nantu se eis is 'n 8% salarisverhoging en nie 12% nie. Die inflasiekoers is huidiglik 7%. Dus, 'n 8% eis is baie redelik. Die 5% wat die regering op die tafel gesit het, is 2% laer as die inflasiekoers. Nantu het oorspronklik met 12% begin, maar het toe afgekom na 8%. Ek ondersteun die onderwysers al die pad. - Asnath Zamuee

Ek hoop die 12% (as dit goedgekeur word) sal hulle meer motiveer om beter­ dienste te lewer en meer effort te gee, want baie leerlinge kry swaar by GRN skole. Soek beter salaris, maar sommige onderwysers kan regtig nie eens 'n eksamenvraestel opstel. - Fredrieka Gaingos

Vroue wen SA in hokkie:

Great job ladies. Hope you ladies do your best. Really proud of everyone. Make us proud. :-) - André Stadler

Well done Namibia and Coach Haindura. - Rachel Freeman

Skolerugby:

Wat 'n wonderlike ervaring vir WAP om tot daar te vorder! 'n Klein skooltjie wat die geleentheid kon kry om teen een van die grootste en beste rugbyskole te speel. Die gees was wonderlik. Dankie WHS vir julle goeie gees en tradisie. Trotse WAP ouer en WHS ondersteuner. - Hope Venter

Maak nie saak wie jou alma mater was nie, as joune wen, bly dit lekker. WHS was vir ampertjies 'n eeu alma mater van baie gesinne en loop diep deur geslagte se bloed. Baie geluk WHS. - Marika Kotze

Baie swak, Republikein! Windhoek Gimmies wen 4 finale - u11, u15, 4des en 19a. Meeste van alle skole! Nie eers een foto vandag in koerant. Windhoek se bloed is beslis nie blou! Ons s'n bly rooi! - Riana Hoffman

Ons is so trots op KPS, met hul min kinders en 500 km ver ry. Jul was kookwater. Ons love jul boetas. Jul is die beste. - Marieta Vermeulen Louwrens

Ons is baie trots op WBPHS se O/14 A span wat die Namibiese kampioene­ is. - Christo van Vreden

Baie geluk. Trots op Gimmies!!!!!!!!
- Celma Richter

Al wat jy sien is die blou masjien. - Charl Olivier

Volgende jaar is dit weer die rooi masjien soos dit moet wees. ;) - Gino Jammal Brockerhoff

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!