Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Spelers en lesers onthou 21 Mei 1988 – WP 21 SWA 24, Nuweland, Kaapstad:



What a wonderful and special group of guys to play rugby with. It must be said, not many guys can captain a team from the wing, but Gerhard Mans did a fantastic job and being a disciplined and dedicated individual, we as a team adapted really well to his leadership. We had many serious "ysters" up front which made our life a lot easier at the back even if we had only 30-40% of the ball. We were blessed to have a great scrumhalf in Basie, Wim (Leftie) who tackled everything that moved, and the pace of Danie, Doug, Wally, Gerhard and Stoopie was mind blowing. Will we ever forget the words "Blitzkrieg" 20 minutes from time. We ran everything because we could. I hated Monday's practices after the Saturday night party, but man were we super fit. I salute all my old buddies and those that are not with us any longer, plus our wonderful Biltongboere supporters that were great supporters. I miss those days and you all. We owe Basie for that win by taking all the pressure at the base of the scrum. He was world class and my man of the match. The baseman!!! – Shaun McCulley



Good old times, best team ever to beat Province with Gerhard Mans and Piet Nell at Nuweland. Still remember that day. – Gunnar Voigts



Bles Bridges het daai dag in die ou Swawek-saal gesing. Ek het die konsert bygewoon en tydens die konsert toe sê Bles dat die Biltongboere sopas die WP op Nuweland gewen het. Toe ontplof daai saal. . . – ­Wykerd Spyker van Staden



Het in 'n flat omtrent 80 m van die veld gebly (vir meer as vyf jaar). Hierdie was die enigste keer na die spel dat dit baie stil was toe die mense huis toe gegaan het. – Jan Schwarting



Ons het nie 'n wedstryd gemis wanneer die Biltongboere in Windhoek gespeel het nie! Van Grootfontein gery net om rugby te gaan kyk. ­André Stoop was ook in die span. Mis daai tyd! – Elbie Marais



Stoop was kookwater! – Vicus Campbell



Albei Stoop-broers was my hero's. Ons het ook nie sommer 'n wedstryd gemis. Ai, die goeie ou dae. – Margaret Smit



Was daar gewees. Great span ­gewees. Een van beste after parties nog ooit! – Andre van Rooyen



Ek onthou daardie dag baie goed. Dankie Republikein vir die oproep van wonderlike Suidwes-rugbydae. – Jasper Coetzee



Ats!! Besef nou dat ek oud raak. . . Was jong man daai tyd. – Basil Rickerts



Doug Jeffery het daai dag 2de span gespeel. Was seker stout gewees. . . Oom Henning het hom "gedrop". – Jaco van der Walt



Ek onthou ook nog hoe ek na die wedstryd op die radio geluister het. Daai span was kookwater! – Steffie Gerber



Was op pad Bloemfontein toe en op radio geluister met 'n klomp SAKK troepe. Hulle was maar lekker bek-af toe ons wen. – Erns Koopman



Ek het die wedstryd beleef op Nuweland! Was awesome verby! – Yolande Barnard



Sal nooit vergeet. Moes by 'n troue wees, maar het voor die kerk gesit en rugby luister op die radio, net voor die einde van die seremonie ingestap by die kerk. – JC Bothma



Was op pawiljoen vir wedstryd tussen Jan Möhr en WHS. Het op die radio geluister. Het my keel rou geskree. Was dit nie vir Jan Möhr dan vir SWA. Vet pret gewees. Goeie herinnering! – Gert Verwey



Was in persoon daar gewees! – Leon Immelman



Shaun McCully was goed en 'n mooi man gewees. – Flokkie Hattingh



Gerhard en Shaun en die hele Suidwes-span, wat 'n onvergeetlike dag. – Henk Cloete



Dit was 'n senutergende wedstryd. Onthou soos in gister. – Ocksman Junita Ockhuizen



Ek was daar! En 'n reënerige dag is 'n serious understatement. Sopnat gereën. – Tertius Dippenaar



Ek onthou dit Dippie, ek was ook nog daar. Ons het nog met ons R5- seisoenkaartjies agter die advertensieborde op daai concrete gesit.



Ons kan rugby speel. Sal hulle vandag ook klop. – Stefan Bruwer



En Jan Ellis was nie eers in die span nie. . . – Kalahari Gerhard Cronje



Een van die beste rugbymomente wat ek onthou! – Nicole Angermund



Ons het oppie draadloos geluister. – Cobus van Niekerk



Sal ek dit ooit kan vergeet. – Kriekie Swanepoel



Ek was daar! – Fanie Engelbrecht



Ek onthou daardie game. – Floris Slabber



Waar's daai dae? – Clara Janeke



Onthou dit soos gister. – Eduan Naude



Ek was daar. Adriaan Nieuwoudt het reg voor my gesit. – JD Engelbrecht



Was die dag op Nuweland, onvergeetlik. . . – Auret Nagel



Sien Jan Möhr het vir WHS gewen. . . Daai is massive!!!! – Francois Nel



Ek onthou dit nog baie goed. – Callie van Heerden



Ek was daar!!!! – Jan Vorster

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!