Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Voedselhulp aan 146 047 huishoudings sal voortgaan, wat uit 712 138 individue bestaan:

Wanneer kry die Kavango droogtehulp? – Barbie Ackerman

“Namdeb: Eise vir taksvakansie”:

Slim plan. En dan kry die bankrot regering wáár geld om sy verpligtinge na te kom? Laat Husab se Chinas eerder begin om ontsoutingsaanlegte te bou om die waterbronne wat hulle so opneuk aan te vul, en stoot hul belasting eerder op. Maar nee. – Coetzee van Zyl

En die ander besighede wat swaar kry omdat hulle gemelk word? – Morne du Toit

“Droogte wurg mens, dier”:

My hart breek vir die boere! – Elise Jooste Ferreira

En die reën is dalk nog ver. Maar dit reën ook nie gras en kos nie. Ons enigste hoop en uitweg is ons Hemelse Vader. Ons moet bid soos nog nooit tevore nie. En weet en glo en vertrou dat die Vader ons smeekgebede sal aanhoor. Ons moet terugkeer na Sy Woord en Sy gebooie. Na al tien en nie net na nege nie, veral na die vierde gebod. God sê gedenk die Sabbatdag (Saterdag) dat jy dit heilig. Die Woord sê elke knie sal buig. Ën ek dink die tyd het aangebreek met die groot droogte dat ons ons knieë voor die lewende God sal buig. Ën smeek vir genade en hulp. – Barbie Ackerman

“Drie sterf in ongeluk”:

Onbevoegde bestuurders met geen respek vir niks en niemand; oorlaaide, onpadwaardige wrakke en spoed wat hulle nie kan beheer. – Llewellyn Anthony

Ek begin dink die mensdom se selfoonverslawing is die oorsaak van die snaakse ongelukke. – Wilmien Martin

Soos mens van hierdie ongelukke links en regs hoor, dink jy jy is maar in ‘n diep slaap met ‘n nagmerrie waaruit jy sukkel om wakker te word. Dit raak net erger by die dag. – Bernadette Gaeses

Dis nie Oktober OF die paaie nie, dit is net die mensdom wat soos hulle g . . . ry , al die verkeersreëls verontagsaam, nie by die spoed hou nie en met onpadwaardige voertuie, en onder die invloed die pad vat. – Fanie de Beer

Dit is asof dit ‘n mode raak. Please God protect us. En die wat offerings doen, tot hoe ver wil julle nog gaan? Die Here gaan daai bloed van daai mense by jou eis. – Salommie Jarson

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer