Onderwysstaking:
Waar is die geld vir die nuwe parlement? Waar het hulle die 11 miljoen vir struggle adults gekry? Hulle dink aan ou manne en vroue wat nie werk wil soek soos ander, maar hulle dink nie aan die kinders. GRN moet ophou speletjies speel en die 3% gee.
– Dorothy Levauna Thouros
Hoeveel is die verskil tussen 5% en 8%? As dit minder as 100 miljoen is, is dit mos ''n maklike besluit. – Jan Nel
So goed ken hulle hoe groot die skade van die onderwysstaking gaan wees, maar om die regte ding te doen om dit te verhoed, val hulle nog nie by nie . . . – Bianca Katlego Dax
Ek WEET en GLO en WENS met my hele hart dat onnies beter betaal moet en sal word. Hulle doen ontsaglike belangrike werk, lei immers die toekomstige leiers van ons land op, maar . . . Waar moet die geld vandaan kom? En meer belangrik, die timing stink, want wie word benadeel? Onskuldige kinders wat geen aandeel het in die onregverdigheid nie. Ek glo nog steeds met vreedsame onderhandelings kan daar oplossings bereik word. – Lien le Grange
Die onderwysers is regtig nie verkeerd nie. Die lewe daagliks vir almal in Namibia is hard en swaar. Die lede van die onderwysersunie het ook gesinne, lewensstandaarde en daaglikse koste. Wat is dit met die regering?
– Bennet Louw
Kan iemand my sê wanneer dit die regte tyd is vir onnies om te staak??? Onderwys is belangrik van Januarie dwarsdeur tot Desember. Probeer deel wees van die oplossing. Van vinger wys kom niks!!! – Milla Zea
Chinese wil seediere oes:
Verkoop die klomp robbe wat ons vis opvreet aan die Chinas. – Coetzee van Zyl
Vra ek myself of hierdie aansoek van die Chinese nie net ’n rookskerm is om ''n alreeds plundering van ons bronne te verberg nie. – Piet Pens Oelofse
Namibië behoort al lankal aan die Sjinese, die dat hulle ook so met als wegkom! – Celeste Coetzee
"Besetting van San se grond duur voort":
Dit wil lyk asof die regering homself doof hou en wegkyk van die San se probleme. Daardie spul grondbesetters het waarskynlik reeds ''n paar amptenare in die sak en daarom dat niks gebeur nie. – Johan Beyers

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie